Hlaudi Motsoeneng het die SAUK lankal verlaat, maar die gevolge van sy rampspoedige beleide en besluite ruk steeds die openbare uitsaaier. Soos dit tans staan is die SAUK ten minste R100 miljoen aan 64 maatskappye vir dienste verskuldig. ‘n opsomming van die verliese wat gelei is wat beide inkomste en gehore dui daarop dat die meerderheid van hierdie verliese direk verbind kan word met politieke inmenging in redaksionele besluite gedurende Motsoeneng se termyn by die SAUK. Beleide soos die kwota vir plaaslike inhoud van 90% het direk bygedra tot ‘n beduidende gedeelte van die tekort aan inkomste. Die jongste uitdaging in verband met die inkomsteverlies is die onvermoë van die SAUK om enige van die nasionale sokkerspan se wedstryde uit te saai as gevolg van likiditeitskwessies, wat sedertdien reggestel is.
Benewens die finansiële ellende beweer politieke partye dat daar ‘n waarneembare vooroordeel teenoor die regerende party was en eis nou deeglike dekking, veral tydens die verkiesingseisoen. Die EVV en die amptelike opposisie, die DA, het die punt oor vooroordeel reeds in die verlede opgewek. Die EVV beweer dat dit ‘n direkte slagoffer was van redaksionele inmenging en marginalisering by die SAUK. Meer onlangs het die DA beweerde vooroordeel uitgewys weens die mislukking van die SAUK om ‘n reaksie te gee op die onlangse aankondiging deur die President in sy rol as leier van die regerende party, dat die party op ‘n wysiging van die eiendomsbepaling sal aandring. Dit is veral problematies omdat dit onreëlmatig is dat geskeduleerde programme onderbreek word vir ‘n politieke party om ‘n boodskap te lewer, in teenstelling met ‘n verklaring wat deur die regering self uitgereik is.
Onpartydigheid aan die kant van die SAUK is belangrik omdat kykers voldoende en akkurate inligting oor alle politieke partye verdien oor kwessies wat hulle – veral as kiesers – in die aanloop tot verkiesings raak. Die SAUK is die primêre uitsaaier en het die grootste rykwydte, deur televisie en radio. As sodanig het dit ‘n verpligting om vry van politieke vooroordeel en inmenging van enige bron te wees.
Toe die ondersoek ingestel is, was al die verhore ten doel om in-kamera te geskied, dit wil sê privaat, wat in wese die media en die publiek sou verhinder om toegang te hê tot die inligting wat daar gedeel sou word. Dit is hoogs problematies, want as openbare uitsaaier moet enige funksies en prosesse wat op sy werksaamhede betrekking het, aan die publiek beskikbaar wees. Hierdie uitsluiting is deur Media Monitoring Africa (MMA), ‘n organisasie wat etiese en regverdige joernalistiek bevorder, tesame met SOS Support Public Broadcasting Coalition, wat hulle beywer vir openbare uitsaaiwese in die openbare in die Suid-Gautengse Hoë Hof in Johannesburg uitgedaag. Die organisasies het ‘n dringende aansoek gerig en geëis dat die SAUK sy ondersoek aan die publiek oopstel, en het aangevoer dat redaksionele onafhanklikheid by die SAUK ‘n saak van openbare belang is. Hulle het tereg geargumenteer dat die SAUK verplig is om billik en objektief te funksioneer in die belang van die miljoene Suid-Afrikaners wat daarop staatmaak vir inligting.
‘n Skikking is buite die hof bereik waarvolgens fluitjieblasers steeds beskerm sou word, maar die mees tersaaklike dele sou aan die media en die algemene publiek beskikbaar wees. Hierdie skikking is ‘n welkome kompromie van die SAUK. In die verlede sou ‘n lang regstryd gevolg het, wat die werk van die kommissie en die herstel van die uitsaaier sou ophou, terwyl dit geld sou bloei om regskostes te betaal.
Met die media wat voorgehou word as die vierde been in die stryd om die Suid-Afrikaanse grondwetlike demokrasie te beskerm, is dit geen verrassing dat daar voortdurend sulke hewige optrede is om die onafhanklikheid van die SAUK te beskerm nie. Die media is instrumenteel in die blootstelling van korrupsie en ‘n magdom skending van menseregte, en enige bedreiging daarvoor moet so spoedig moontlik uit die weggeruim word. Die SAUK – die grootste uitsaaier in die land – moet die reëls volg en bedryf word met sy grondwetlike mandaat as die belangrikste oorweging. Die skikking herbevestig die fundamentele waardes van openbeid en verantwoordbaarheid soos in die Grondwet in die vooruitsig gestel is.
Die aanstelling van ‘n nuwe raad, ‘n nuwe hoofbedryfsbeampte – Chris Maroleng – saam met uitvoerende hoof, Madoda Mxakwe, en hoof finansiële beampte, Yolande van Biljon, almal met indrukwekkende kwalifikasies, is noemenswaardige veranderinge aan die topbestuur.
Ten spyte van hierdie veranderinge is die Nasionale Tesourie steeds huiwering om ‘n reddingsboei vir die SAUK te gooi totdat die SAUK sy stabiliteit bewys. Voorts, terwyl die SAUK betrokke is by voortgesette transformasie en die daarstelling van die kommissie wat nog ‘n positiewe stap is, sal ons moet wag en kyk om te sien of die aanbevelings wat deur die kommissie gemaak word in werking gestel sal word en tot enige werklike verandering sal lei. Alhoewel die publiek moeg is om te hoor oor die doeltreffendheid van en behoefte aan kommissies van ondersoek, is dit steeds nodig dat die werk van die ondersoek na die SAUK voortgaan. Dit is noodsaaklik vir die SAUK as ‘n publieke uitsaaier om die Suid-Afrikaanse publiek te paai en die nasie van sy plek te verseker in ‘n samelewing wat op aanspreeklikheid, responsiwiteit en openheid gebaseer is.
Deur me Rebecca Sibanda: Regsassistent, Sentrum vir Grondwetlike Regte
15 Augustus 2018
Foto: www.sowetanlive.co.za