+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

ONTEIENINGSWETSONTWERP AANGEPAS, MAAR RISIKO’S BLY

Uitgereik deur die FW de Klerk-stigting op o8/02/2024

 

Die Nasionale Raad van Provinsies (“NRV”) ook bekend as die parlement se tweede huis) se komitee wat aan die Onteieningswetsontwerp werk, het op Woensdag, 7 Februarie 2024 vergader om veranderinge aan die Wetsontwerp te bespreek.

Die wetsontwerp het ten doel om onteiening sonder vergoeding in bepaalde omstandighede te wettig, al het ’n vroeëre poging om die Grondwet te verander om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, misluk.

Die wysigings wat bespreek is, hou verband met veranderinge aan die wetsontwerp se bepalings met betrekking tot dringende onteienings, die definisie van eienaarskap en onteiening namens derde partye. ’n Meerderheid van lede op die komitee het ten gunste van die wysigings gestem.

Dit is die FW de Klerk Stigting se siening dat hierdie wysigings ongelukkig steeds ‘n risiko vir eiendomsreg inhou en dit te beskerm soos gewaarborg deur artikel 25 van die Grondwet,” sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die Stigting. “Die veranderinge wat bespreek is, faal daarin om enige van die grondwetlike bekommernisse wat deur die Stigting, of talle ander belanghebbendes geopper is, reg te stel. Eiendomsreg lê die grondslag vir welvaartskepping en moet eerder versterk en uitgebrei word as om dit te verwater.”

Deur toe te laat dat onteiening voortgaan selfs in die lig van regsaksies, hou hierdie wysigings ‘n direkte bedreiging in vir die oppergesag van die reg en die beginsels van administratiewe geregtigheid,” sê Ismail Joosub, die Stigting se Regsbeampte. “Verder hou die gebrek aan duidelikheid oor die wetsontwerp se definisies risiko’s in wat moontlik kan lei tot subjektiewe interpretasies en moontlike misbruik. Dit ondermyn eiendomsreg vir alle burgers, aangesien dit die deur oopmaak vir arbitrêre besluite oor byvoorbeeld eienaarskap en eiendomsreg.”

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).