
ARTIKEL: DIE AFGESKAALDE TOEKOMS VAN AFRIKAANS BY DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH
Berigte dat studente verbied is om Afrikaans te praat – selfs in privaat gesprekke – aan die Universiteit van Stellenbosch, is diep ontstellend. Dit
Berigte dat studente verbied is om Afrikaans te praat – selfs in privaat gesprekke – aan die Universiteit van Stellenbosch, is diep ontstellend. Dit
Het die Universiteit van die Vrystaat versuim om oorweging te skenk aan Afrikaanse studente se grondwetlike reg kragtens artikel 29(2)? Dit volg nadat die universiteit sy dubbelmedium-taalbeleid met ‘n enkelmedium-beleid vervang het. Dit was ‘n belangrike kwessie in die Appèlhof se uitspraak in University of the Free State v Afriforum (Appèlhof-uitspraak). Die UV se uitspraak is gegrond op ‘n “verbintenis tot transformasie”, en is deur die Appèlhof gehandhaaf. Afriforum het aansoek verlof by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die beslissing te appelleer.
In ‘n eerste vir die Konstitusionele Hof, sal dit belangrik wees om die betekenis van die interne kwalifiseerders van artikel 29(2) duidelik te stel, in die konteks van hoër onderwys.
Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan ‘n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan ‘n openbare onderwysinstelling, mits dit “redelik doenbaar” is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van “billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel”.
16 Junie – Jeugdag – word jaarliks in Suid-Afrika gevier ter herinnering van die skoolkinders wat in 1976 deur die apartheidspolisie doodgemaak is. Die betogings was in antwoord op Bantoe-onderrig en die afdwinging van Afrikaans as onderrigmedium in skole. Die beweging het soos ‘n veldbrand oor die land versprei en hierdie jaar is die 40ste herdenking van wat nou na verwys word as die Soweto-opstande.
Die Soweto-opstande dien as ‘n herinnering aan hoe belangrik onderrig vir jong mense is. Dit is dus belangrik om te besin oor die belangrikheid van die dag vir die jeug en vir onderwys vandag. Artikel 29 van die Grondwet verskans die reg op onderwys en bepaal dat elkeen die reg op basiese onderwys het. Basiese onderwys behels die jare tot met en insluitend matrikulasie.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
ONDERWERP: DIE TOEKOMS VAN HOËR ONDERWYS IN SUID-AFRIKA
SPREKERS: PROF ADAM HABIB EN PROF BARNEY PITYANA
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende vlakke van geweld, intimidasie en rasse-ondertoon wat met studentebetogings by universiteitskampusse en elders in Suid-Afrika gepaardgaan – of dit nou deur studente, of in reaksie op studentebetogings gepleeg word.
Die Grondwet bied verskeie opsies om jou regte op vreedsame en wettige wyse op te eis. Dit sluit in die reg om te vergader, te betoog, betooglinies te vorm en petisies voor te lê op ‘n vreedsame en ongewapende wyse.
Jaarliks word Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober herdenk. Volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) word hierdie dag uitgesonder om te verseker dat onderwysers sal voortgaan om aan die behoeftes van toekomstige nageslagte te voldoen. Onderwysers speel om verskeie redes ‘n belangrike rol in enige samelewing. Hulle bied onderrig aan jong mense, wat op hulle beurt die leiers van die volgende nageslag word. Hulle dra ook kennis aan kinders in hul mees ontvanklike jare oor, wat dus ‘n grondslag vir die res van hul lewens vestig.
Op 16 Junie vier ons Jeugdag ter herinnering van die jongmense wat op daardie dag in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid en ongelykheid en die hoogste prys betaal het vir dít waarin hulle geglo het. In ooreenstemming met die Aanhef tot die Grondwet is hierdie dag ongetwyfeld ’n huldeblyk aan die jeug wat geveg en gely het vir geregtigheid en vryheid in ons land. Jeugdag gaan egter nie net oor die verlede nie, maar ook oor vandag sowel as die toekoms. Dit is ’n viering van ons Grondwet en die waardes, regte en vryhede wat ons vandag geniet. Dit is ‘n huldeblyk aan almal wat gestreef het na – en vandag steeds bou aan – ’n regverdige en demokratiese samelewing. Dit behoort te gaan oor ’n toekoms waarvoor die jeug van vandag, net soos die res van die samelewing, vandag reeds verantwoordelik is.
Die Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 ’n aansoek om appèl teen ’n beslissing van die Appèlhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-Afrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-staatskole.
Die aangeleentheid het betrekking gehad op die bepaling van die vraag oor wie die laaste sê het wanneer toelatingsbeleide in staatskole vasgestel word: skole en hul skoolbeheerliggame, of provinsiale departemente van onderwys?