VERKLARING: GEWELD SAL NIE TOEGANG TOT ONDERWYS VERBETER NIE
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende vlakke van geweld, intimidasie en rasse-ondertoon wat met studentebetogings by universiteitskampusse en elders in Suid-Afrika gepaardgaan – of dit nou deur studente, of in reaksie op studentebetogings gepleeg word.
Die Grondwet bied verskeie opsies om jou regte op vreedsame en wettige wyse op te eis. Dit sluit in die reg om te vergader, te betoog, betooglinies te vorm en petisies voor te lê op ‘n vreedsame en ongewapende wyse.
Jaarliks word Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober herdenk. Volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) word hierdie dag uitgesonder om te verseker dat onderwysers sal voortgaan om aan die behoeftes van toekomstige nageslagte te voldoen. Onderwysers speel om verskeie redes ‘n belangrike rol in enige samelewing. Hulle bied onderrig aan jong mense, wat op hulle beurt die leiers van die volgende nageslag word. Hulle dra ook kennis aan kinders in hul mees ontvanklike jare oor, wat dus ‘n grondslag vir die res van hul lewens vestig.
Die Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 ’n aansoek om appèl teen ’n beslissing van die Appèlhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-Afrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-staatskole.
Verlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit ’n aansoek om appèl van die Appèlhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse hoërskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van ’n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.
Tydens ’n onlangse lesing aan die Universiteit van Johannesburg het Jeremy Gauntlett aangevoer dat sekere bepalings in die Wysigingswet op Hoër Onderwys- en Opleidingswette, Wet 23 van 2012 (die Wet), heel moontlik ongrondwetlik is. Volgens hom kan die Wet grondwetlik beveg word aangesien die beginsels wat daarin vervat word baie vaag is, dit op onregverdigbare wyse die reg op akademiese onafhanklikheid skend; en dit die reg op regverdige administratiewe optrede skend. Gauntlett hou vol dat die Wet vaag is aangesien “verskeie bepalings in die Wysigingswet ’n ongebonde diskresie aan die Minister toeken, veral dié wat voorsiening maak vir die aanstelling van ’n administrateur”. Daarbenewens doen die Wysigingswet inbreuk op akademiese vryheid, op ’n wyse wat nie ingevolge artikel 36 van die Grondwet geregverdig kan word nie”. Laastens het hy aangevoer dat “’n hele paar ander tekortkominge in die Wysigingswet dit ook aanvegbaar maak op grond van die grondwetlike reg op regverdige administratiewe optrede”.