Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan (hierdie jaar se geleentheid het op 31 Januarie plaasgevind), om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert, dr Christo Wiese en voormalige President FW de Klerk.
Ons tema vir 2020 was: “Suid-Afrika 30 Jaar Na 2 Februarie 1990”
Sprekers in 2020:
- Voormalige President FW de Klerk
- Dr Martin Schäfer
- Dr Theuns Eloff
- Mnr Moeletsi Mbeki
- Me Gwen Ngwenya