Sy keuse van die “vyf mees dringende take op hierdie oomblik in ons geskiedenis” sê baie:

Alhoewel niks hiervan nuut is nie, dui die besluit op hierdie take op ‘n realisme en dringendheid wat by die Presidensie voor 2018 ontbreek het. Hierdie openbare bekentenis deur die President word dus verwelkom.

Verskeie ander kwessies staan uit as positiewe vooruitgang:

‘n Mens kan en moet bekommerd bly oor ander aspekte van die SONA. Dit sluit in die verwysing na onteiening sonder vergoeding, die entoesiasme rondom die katastrofiese NGV-wetsontwerp en die idealistiese idee om elke skoolkind in Suid-Afrika binne die volgende ses jaar van digitale werkboeke en handboeke op ‘n tablettoestel te voorsien.

In sy laaste paragrawe wys die President inderdaad op ‘n toekoms waarmee alle Suid-Afrikaners kan identifiseer: waar elke man, vrou en kind die geleentheid en vermoë kan hê om ‘n beter lewe vir hulself te kan skep – geen pure geregtigheid hier nie. Hy praat ook vab ‘n Suid-Afrika wat die probleme van die verlede erken, maar op die toekoms fokus – en nie apartheid as verskoning kan gebruik vir die probleme van vandag nie. En uiteindelik het hy ook ‘n effense, maar duidelike steek ingekry teen sy voorganger en sy handlangers: ons wil ‘n Suid-Afrika hê wie se leiers braaf is, leiers wat die dienaars van die mense is – en vir wie die uitvoering van hul pligte die hoogste en enigste beloning is.

President Ramaphosa het geklink of hy ‘n staatsrede vir die hele volk lewer, en of hy praat as ‘n President van alle Suid-Afrikaners. Hy het ook geklink of hy reeds begin werk het aan die werk wat op hom – en alle Suid-Afrikaners – na 8 Mei wag. Die duidelike vraag is of ons die stryd in ‘n party kan wen wat teen homself oorlog voer, en of hy die Staat kan herstel wat hom kan ondersteun. Vir nou is dit die groot onsekerhede.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
8 Februarie 2019

Leave a Reply

Your email address will not be published.