Saam met die aankondigings van 2 Februarie 1990 was dit ’n aanduiding vir Suid-Afrika en die wêreld dat ons van koers verander het – dat ons weg beweeg het van toenemende konfrontasie en konflik en ’n rigting van ’n moontlike nuwe nie-rassige grondwetlike demokrasie ingeslaan het.

Ek is daarvan oortuig dat Nelson Mandela trots sou wees op baie van ons prestasies wat ons sedertdien behaal het:

Ek is egter ook daarvan oortuig dat mnr Mandela sommige van die ander aspekte van ons nuwe samelewing uiters verontrustend sou vind. Hy sou diep bekommerd wees oor:

Ek is egter seker daarvan dat die ontrafeling van mnr Mandela se bewonderenswaardige pogings om versoening te bevorder en ’n sterk nie-rassige samelewing daar te stel, een van sy grootste teleurstellings is. Hy sou geskok gewees het oor die toenemende skerp toon van die debat en oor die verklaring van ’n senior leier van die ANC dat “die fase van versoening wat redelike wit en swart mense bymekaar gebring het, verby is” en dat “ons nou betrokke is in ’n stryd vir ekonomiese en maatskaplike geregtigheid.”

Nietemin, ek is seker dat Nelson Mandela, 25 jaar na sy vrylating, met my sou saamstem dat Suid-Afrika vandag steeds soveel beter is as wat dit in die verlede was. Hy sou ook saamstem oor die behoefte vir alle Suid-Afrikaners om saam te werk – eerder as om teen mekaar te stry – in ons pogings om ’n samelewing te bou wat op menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van regte en vryhede gebaseer is.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting


Leave a Reply

Your email address will not be published.