Hy gee sy ontleding van die SANW se ‘vorentoe’-strategie, waarvolgens dit ten doel gehad het om Suid-Afrika en Namibië se grense te beskerm deur UNITA in Suid-Angola en Renamo in Mosambiek te ondersteun. Hy sinspeel daarop dat die SANW nie die kern van die Suid-Afrikaanse probleem verstaan het nie – die behoefte daaraan om ‘n regverdige politieke ooreenkoms met swart Suid-Afrikaners te sluit.
Die SANW het in werklikheid op ’n vroeë stadium aanvaar dat daar ‘n politieke skikking bereik moes word, maar dat sy hoofplig in tussen die beskerming van die grense teen Angola en Mosambiek was. Om te versuim om dit te doen sou gelei het tot ‘n militêre oorname van Namibië deur SWAPO – wat deur die Kubane ondersteun is – en sou Suid-Afrika se industriële hartland oopstel vir aanvalle deur Mosambiek – wat slegs 350km weg is.
Die SANW se strategie in Mosambiek het aanleiding gegee tot die Nkomati-akkoord en na ‘n wesenlike afname wat die bedreiging by die grense betref. In die suide van Angola het die SANW daarin geslaag om SWAPO en die Kubane met volkome vaardigheid vir 13 belangrike jare af te weer. Die SANW se oorwinning in die Stryd van die Lomba-rivier in Oktober 1987 – wat Barnard skaars noem – het uiteindelik die wil van die verbrokkeling van die Sowjet-Unie om sy militêre avonture in suider-Afrika voort te sit, gebreek. Dit het direk aanleiding gegee tot die drieledige ooreenkoms tussen Kuba, Angola en Suid-Afrika, wat op sy beurt gelei het tot die onttrekking van Kubaanse magte aan Angola en tot die relatief suksesvolle inwerkingstelling van die VN se onafhanklikheidsproses in Namibië. Hierdie ontwikkelings was uiters belangrik vir die transformasieproses in Suid-Afrika.
Die boek handel hoofsaaklik oor die 48 vergaderings tussen Barnard en Nelson Mandela in 1988-89 wat gehelp het om die weg te baan na Mandela se vrylating en vir die belangrike rol wat hy sou speel. Barnard roem homself op sy vermoë om mense te lees en om hul gedagtes te verwoord – selfs voordat hulle hul gedagtes uitgedruk het. Die vraag is wie lees wie wat sy verhouding met Mandela betref – die wilde, ou revolusionêre man – of die jong en onervare hoof van intelligensie? Ten spyte van PW Botha se waarskuwing, is Barnard – soos soveel ander – deur Mandela betower en het hom basies van hul eerste ontmoeting af beskou – en behandel – as die President-in-wording. Die bepalende beeld van die boek is van Barnard wat kniel om Mandela se skoenveters vas te maak voor sy ontmoeting met PW Botha in Julie 1989.
Die boek verwys egter glad nie na die feit dat Barnard – soos waarvan Pik Botha en Koedoe Eksteen getuig het – so laat as 1987 Mandela as ‘n gevaarlike kommunis beskou het en heftig teen sy vrylating gekant was nie. Die boek vertel nie vir ons waarom hy sy mening verander het nie.
In 1979, nog voordat hy hom ontmoet het, het PW Botha vir Barnard – ‘n 30 jarige dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat – as hoof van NID aangestel. Hy het onmiddellike toegang tot Botha gehad – ‘n belangrike voordeel in die binne-politiek van enige regering. Hy gee Botha volle krediet vir sy administratiewe vaardighede en vir sy verreikende hervormings – terwyl hy erkenning verleen aan die probleme wat deur Botha se driftige en diktoriale styl veroorsaak is.
Hy toon geen sodanige balans wat sy behandeling van FW de Klerk betref nie. Hy skryf oor De Klerk se huiwerige deelname aan die Staatsveiligheidsraad, waar hy hom vergelyk met ‘n skoolseun in die kerk wat eerder buite sou wou speel. Hy bevraagteken De Klerk se strategiese vermoë en kritiseer die wyse waarop hy vermoedelik saamgespan het teen ander om die gewonde PW Botha uit te werk.
De Klerk was inderdaad nie gemaklik in die Staatsveiligheidsraad nie – ‘n raad wat hy geglo het die funksies van nie-sekurokrate ministers soos hy self oorgeneem het. De Klerk het in werklikheid uit sy pad gegaan om te verseker dat PW Botha in staat sou wees om sy presidensië termyn met eer af te sluit – maar daar was geen manier dat die Groot Krokodil sy amp sonder ‘n geveg sou verlaat nie.
Barnard was ongetwydeld teleurgesteld omdat hy nie dieselfde onmiddellike toegang tot De Klerk gehad het as wat hy met PW Botha gehad het nie. Hul gespanne verhouding het moontlik sy oorsprong in die NID se doelbewuste versuim om De Klerk in te lig oor die eerste belangrike vergadering tussen die NID en die ANC – alhoewel De Klerk reeds as waarnemende President oorgeneem het. Die NID was weer verkeerd oor De Klerk deur te dink dat hy dalk die vergadering sou verbied of daarmee sou inmeng indien hy vooraf daarvan sou geweet het.
Barnard is trots op die doeltreffendheid van die NID. Die belangrikste vereiste tydens die aanvang van die onderhandelings was akkurate intelligensie oor die ware voornemens van die ANC – en die mate waarin die ANC steeds deur die SAKP beïnvloed is. Kort na die oorgang het dit aan die lig gekom dat die ANC nooit 1994 beskou het as die hoogtepunt van sy stryd nie, maar bloot as ‘n weg na sy voortgesette nasionale demokratiese revolusie. Grondwetlike kompromieë kon mee weggedoen word sodra die verskuiwings in die balans van magte dit moontlik gemaak het – en die SAKP het die NDR beskou as die voorganger van die daarstelling van ‘n kommunistiese staat. Was die NID bewus van hierdie voornemens voor 1994 en het hulle dit onder die aandag van die regering se onderhandelaars gebring? So nie, waarom nie?
Gevolglik was die grootste bedreiging vir die onderhandelings geweld wat deur gesiglose elemente aan alle kante van die konflik gepleeg is. Daar was wydverspreide bewerings van medepligtigheid deur skelm lede van die Veiligheidsmagte. Op die einde was dit die Goldstone-kommissie – wat deur De Klerk aangestel is – wat die bedrywighede van die Direktoraat Koverte Inligting in November 1992 ontbloot het – en uiteindelik dié Vlakplaas-eenheid in Maart 1994. Hierdie aktiwiteite is in direkte teenstryd met De Klerk se duidelik uitgedrukte bevele en het ten doel gehad om die onderhandelings in die wiele te ry. Waarom was die NID – met al sy veelgeroemde vermoë – nie in staat om intelligensie te verkry oor hierdie bedreiging en die President dienooreenkomstig in te lig nie?
Niël Barnard het ‘n belangrike rol gespeel in die geboorte van die nuwe Suid-Afrika. (Ons sien uit om te hoor oor sy daaropvolgende rol as die Hoof van die Grondwetlike Ontwikkelingsdiens gedurende die onderhandelings.) Hy het ‘n baie gesonde waardering van sy eie vermoë en dié van die NID. Hy het aanvaar dat Nelson Mandela die volgende President sou word – en binne hierdie raamwerk het hy daarna gestreef om die beste ooreenkoms moontlik vir sy mense – die Afrikaner – te verseker. Maar in retrospek, was PW Botha se besluit om ‘n 30 jarige akademikus – wat hy nog nooit ontmoet het nie – as hoof van die land se intelligensie-agentskap aan te stel op so ‘n belangrike tyd in ons geskiedenis, werklik so ‘n wyse besluit?
Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting
Foto: tafelberg.com