Dit alles is irrelevant: die onderliggende en onmiskenbare werklikheid is dat dit absoluut onaanvaarbaar is in ‘n grondwetlike demokrasie vir die staat om so ‘n groot bedrag openbare geld te bestee aan die private huis van ‘n politieke ampsdraer – onder enige omstandighede. Watter verduidelikings die Minister ook al wil bied, daar is eenvoudig geen verskoning vir die besteding van ‘n bedrag geld aan die President se private woning wat gebruik kon word om 2400 huise te bou wat 10 000 haweloses kon huisves nie.

Dit is moeilik om te sien hoe dit alles versoen kan word met die grondwetlike vereiste vir ‘n stelsel van regering wat gegrond is op verantwoordbaarheid, responsiwiteit en openheid, of wat redelikheid en doeltreffende administrasie bevorder.

Sekerlik is ‘n belangrike vraag die mate waarin President Zuma uiteindelik persoonlik deur die opgraderings aan sy eiendom verryk sal word – en of dit nie onderhewig is aan die leerstelling van onregmatige verryking nie.

Die wyse waarop die President Nkandla vroeër hierdie week in die Parlement aangepak het – sy gespot oor die korrekte uitspraak van ‘Nkandla’ – en sy onverbloemde geamuseerdheid oor die hele aangeleentheid – is ‘n hartseer refleksie op sy amp en op die respek wat hy vir die Parlement en die mense van Suid-Afrika het.

Dit is ook ‘n duidelike teken aan diegene in die staatsdiens dat hulle oor ‘n lisensie beskik om hulself te help aan openbare bronne wat met relatiewe straffeloosheid gepaardgaan in omstandighede waar die polisiemag en regstelsel toenemend onderhewig is aan druk van magtige politici.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Foto: mg.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.