Hy het ook die uitwerking bespreek wat hierdie nuwe norme op Suid-Afrika gehad het, wat homself “gestrand en spartelend bevind het in die vasteland se laaste poel van wit heerskappy”.

Suid-Afrika was aan die verkeerde kant van die geskiedenis. Volgens De Klerk moes ons “die onaanvaarbare vooruitsig in die gesig staar dat die behoud van ons reg om oor onsself te regeer slegs verwesenlik kon word deur die swart meerderheid se ewe geldige reg op selfbeskikking, te ontken. Ons het geweet dat hierdie roete onvermydelik sou lei tot ‘n hopelose afwaartse spiraal van onderdrukking, onreg en konflik.”

Teen die einde van die 1980s het alle partye se aanvaarding dat daar nie ‘n gewapende of revolusionêre uitkoms kon wees nie, en die ineenstorting van Sowjet-Kommunisme, ‘n geleentheid daargestel vir omvattende grondwetlike onderhandelings.

Suid-Afrika se nuwe Grondwet aanvaar gelykheid en nie-rassigheid as grondliggende waardes en verbied onregverdige diskriminasie op ‘n aantal gronde, met inbegrip van ras en geslag. Die Konstitusionele Hof het in 2004 bevind dat enige diskriminerende maatreëls om gelykheid te bevorder, outomaties regverdig is. Nou lei die ANC se benadering tot demografiese verteenwoordiging tot ‘n situasie waarin “die vooruitsigte van individuele Suid-Afrikaners weer eens bepaal sal word nie deur die inhoud van hul karakter nie – soos Martin Luther King dit gestel het – maar deur die kleur van hul vel.”

Samelewings ondervind ook toenemende spanning tussen kulturele en godsdienstige vryheid aan die een kant, en norme van nie-diskriminasie aan die ander kant. Die Weste worstel met die vraag oor hoe dit godsdienstige en kulturele praktyke kan aanpak wat openlik bots met die kernwaardes van gelykheid, vryheid en nie-diskriminasie.

De Klerk het tot die gevolgtrekking gekom dat ten spyte van hierdie uitdagings, die wêreld ‘n baie beter plek is as wat dit ‘n honderd jaar gelede was. “Een van ons grootste prestasies is ongetwyfeld ons aanvaarding van die gelykheid van alle mense, ongeag ras, geslag, klas of geloof, en die verwerping van onregverdige diskriminasie op enige van hierdie gronde”.

Hy het gewaarsku dat “as gevolg van die merkwaardige en ontstellende ontwikkelings van 2016 in Brittanje, Europa en die Verenigde Nasies, die uitdaging vir alle mense van welwillendheid” sal wees “om hierdie ideale te verdedig en daarop te bou”.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Foto: Anna Moran for The University Times


Leave a Reply

Your email address will not be published.