Deur die wapen op te neem het hulle die gevaar geloop om te sneuwel, weens hoogverraad opgehang of gefusilleer te word, of so nie hul plase en al hul besittings te verloor.

Vir Groot-Brittanje was dit net nog ’n koloniale uitstappie. Hulle het die oordeelsfout gemaak dat 75 000 soldate genoeg sou wees om die twee klein republieke tot oorgawe te dwing. Op die ou end het hulle 488 000 soldate en meer as 100 000 plaaslike hulp soldate nodig gehad om hul doel te bereik. Dit het die magtigste land, toentertyd ter wêreld, altesame drie jaar geneem om die Boere te verower!  Altesame 22 000 Britse troepe het gesterf.

Om dit in perspektief te plaas: dit was die grootste oorlog van die 100 oorloë waarin die Britte tussen die Napoleontiese Oorloë en die Eerste Wêreld Oorlog betrokke was.  Dit was veel groter as die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog waartydens die Britte slegs 65 000 soldate ontplooi het.

Deel van die droewige verhaal is dat ‘n beleid van “verskroeide aarde” toegepas en gevolg is. Om enkele voorbeelde te noem:

Die Kapenaars en Bolanders het ook erg onder die oorlog gely. Hulle bewegings is erg ingeperk. Hulle kon nie kom en gaan soos hulle wou nie. Hulle mog hul huise nie saans verlaat nie. Vir alles is ‘n permit vereis. Die Engelse het ook beslag gelê op perde, perdekarre en -waens, osse, skape en beeste.

Die Kaapse Rebelle het ‘n beduidende rol in die oorlog gespeel. Hulle het sowat 30 000 Britse soldate uit die Republieke na die Kaapkolonie gelok. Sowat 16 000 Rebelle (Kaap, Natal en vrywilligers) het geveg, waarvan 284  gesterf het. 35 Kaapse rebelle is vir  hoogverraad  gefusilleer.  Baie van hulle is uit Suid-Afrika verban en baie het hul plase, vee en al hul besittings verloor. 

Leave a Reply

Your email address will not be published.