Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) het die derde in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2015 gehou op Woensdag, 29 Julie 2015. Die Konrad Adenauer-stigting (KAS) ondersteun die reeks.
Johann Kriegler en Zak Yacoob, voormalige regters van die Konstitusionele Hof, het “Ontrafel die Oppergesag van die Reg? Respek vir die Regbank in Suid-Afrika” bespreek.