+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Met hul aankoms by die polisiestasie is die vroue in ‘n sel geplaas en nie ‘n geleentheid gegun om enige iemand te kontak kragtens hul artikel 35(2)(f)-regte nie. Slegs hierna is hulle ingelig dat hulle van prostitusie aangekla word. Die Grondwet vereis in artikel 35(2)(a) dat enige persoon in aanhouding spoedig oor die rede vir hul aanhouding ingelig moet word. In hierdie geval moes die vroue ‘n ruk wag voordat dit gebeur het. Hulle is eers 07h00 ingelig nadat hulle vir ure aangehou is. 

Die sel waarin hulle aangehou is, het vyf mense in gehad en dit was vuil. Die sel het een toilet gehad wat nie gewerk het nie, en een moes noodgedwonge die toilet gebruik ten spyte van die omstandighede, voor al die ander mense in die sel. Die sel het komberse gehad, wat net se sel vuil was en nie gebruik kon word nie, en wat gestink het weens die geblokte toilet. 

Die beproewing het byna 37 uur aangehou.

Die Grondwet bepaal in artikel 35(2)(e) dat persone in aanhouding die reg het op aanhoudingsomstandighede wat met menswaardigheid ooreenstem. Die reg op vryheid en sekuriteit van die persoon is noodsaaklik vir menswaardigheid en die arbitrêre ontneming daarvan word deur die Grondwet verbied. Die feit dat die beamptes wat hulle in hegtenis geneem het, ‘n aanname gemaak het oor die vroue en hulle in hegtenis geneem het vir ‘n misdaad wat hulle nie gepleeg het nie, kom neer op die ontneming van vryheid sonder ‘n geldige rede. Soos die hof op gewys het, is dit hoogs onwaarskynlik dat daar so ‘n voorval sou gewees het indien die vroue mans was. Vroue is geregtig op gelyke behandeling en hierdie diskriminasie is gebaseer op hul geslag, en dus ‘n skending van hierdie red.

Voorts, in ‘n samelewing waar vroue reeds kwesbaar is, word die SAPD vertrou met die beskerming van die mense (soos in artikel 205 van die Grondwet bepaal word). Die eerste instik van beskermers, wanneer hulle met kwesbare elemente van die samelewing te doen kry, moet wees om ondersoek in te stel na watter hulp verleen kan word. Die beamptes kon saam met die vroue gewag het totdat hul vervoer opgedaag het. In plaas daarvan het hulle die vroue in ‘n motor geboender sonder om prosedure te volg, en het hulle hul grondwetlike regte geskend. 

Om dinge te vereger het die sel waarin hulle vir ‘n dag en ‘n half aangehou is, nie voldoen aan die noodsaaklike basiese standaarde nie. Selfs indien die inhegtenisname regmatig was, oet die aanhoudingsomstandighede voldoen aan ‘n standaard wat met menswaardigheid ooreenstem. Behoorlike sanitasie, warmte en voeding behoort as die minimum standaard beskou te word. Dit is ook  waar dat die vernederende behandeling van aangehoudenes en swak omstandighede in fasiliteite waar mense voor verhore aangehou word (met inbegrip van polisiekantore se aanhoudingselle) kom algemeen in Afrika voor. Dit voldoen selfde aan internasionale en streekstandaarde. Die SAPD het ‘n verpligting om te beskerm en verdedig, maar ook om so ver moontlik aan die menseregte te voldoen wat in die Grondwet verskans is. 

Die arbitrêre ontneming van persoonlike vryheid het die klaer verneder en gelei tot die skending van haar menswaardigheid. Haar reg op gelyke beskerming voor die reg is geskend. Tesame met haar vryheid en sekerheid van haar persoon, is haar reg op vryheid van beweging ook geskend – deur haar by die polisiekantoor te profileer. Die ontneming van vryheid is ‘n ernstige aangeleentheid. Die SAPD is deur die reg verplig om versigtig daarmee om te gaan, binne die bestek van die reg, en beslis in ooreenstemming met die gees van die Handves van Regte. Hierdie uitspraak wys ook op die gebrek aan ‘n kultuur van menseregte in die polisie, wat herhaaldelik aangeraak is. In ‘n tyd waar die kwesbaarheid van vroue daagliks beklemtoon word, moet die SAPD die Grondwet nakom en aan ‘n hoër standaard voldoen as enige iemand anders. 

Deur Rebecca Sibanda; Regsassistent: Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).