Die SAPD se leierskapsprobleme vind plaas in ‘n land wat deurloop onder geweldsmisdaad en byna daaglikse protesaksie, wat dikwels gewelddadig raak. Die statistieke vir die eerste drie kwartale van die jaar 2016/17 wat onlangs bekend gemaak is, dui op misdaadvlakke wat onaanvaarbaar hoog is. Statistiek SA se Victims of Crime Survey dui voorts op ‘n afname in die getal mense wat misdaad by die SAPD aanmeld, ‘n aanduiding dat hulle vertroue verloor het in openbare instellings, wat die verhouding tussen die nasie en sy burgers weerspieël.

Daar moet op gewys word dat dit die President is wat baie van die hoofde van staatsinstellings aanstel. Dit is dieselfde President met aanklagte van korrupsie teen hom wat terug datteer tot 2004, en wat meer onlangs prominent na verwys is in die State of Capture-verslag wat laat in 2016 deur die Openbare Beskermer bekendgestel is. Die algemene leierskapsprobleme wat regoor staatsinstellings versprei, word ongetwyfeld aangevuur deur die gebrek aan politieke leierskap, wat die nasie rigtingloos en moeg laat, met graderingsagentskappe, internasionale beleggers en meer belangrik, die kiesers, wat in afwagting wag. 

Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.