ARTIKEL: INTERNASIONALE DAG VAN DIE MEISIE
11 Oktober word jaarliks oor die wêreld herdenk om die aandag te fokus op aangeleenthede betreffende die ongelykgede ten opsigte van geslag, wat jong meisies die hoof moet bied, asook hul toegang tot menseregte. Die Dag is die eerste keer in 2012 herdenk, en het sy oorsprong in die Verenigde Nasies (VN), wat gewys het op die behoefte om diskriminasie teen meisies te beklemtoon. Volgens die VN is daar meer as een miljard meisies in die wêreld. Hierdie herdenking bied ‘n geleentheid vir die samelewing en organisasies om bewusmaking te skep oor die uitdagings wat meisies in die gesig staar net omdat hulle meisies is. Hierdie jaar se tema is “EmPOWER girls: Before, during and after conflict”.