ARTIKEL: DIE OORWEGING VAN VROUEREGTE
Soos wat Augustus, ons Vrouemaand, tot ’n einde kom, is dit tyd om die vordering wat Suid-Afrika gemaak het ten opsigte van die verwesenliking van vroueregte te oorweeg.
Soos wat Augustus, ons Vrouemaand, tot ’n einde kom, is dit tyd om die vordering wat Suid-Afrika gemaak het ten opsigte van die verwesenliking van vroueregte te oorweeg.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) vier Vrouedag ter ere van alle vroue wat voortbou op ons grondwetlike demokrasie en die waardes, regte en beginsels waarop dit gegrond is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom ’n onlangse verklaring deur Minister Susan Shabangu, Minister vir Vroue in die Presidensie, dat die Wetsontwerp op die Bemagtiging van Vroue en Geslagsgelykheid (die Wetsontwerp) onttrek sal word sodat verdere oorlegpleging kan plaasvind.
Op 8 Maart sal Suid-Afrika saam met die res van die wêreld Internasionale Vrouedag vier. Hierdie jaar se tema, soos op besluit deur United Nations Women, is “Gelykheid vir Vroue is Vooruitgang vir almal”. Die Gronwet waarborg die regte van alle burgers en stel menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en -vryhede as grondliggende waardes daar.
Die behaling van gelykheid en nie-seksisme is twee van die belangrikste grondliggende waardes van die Grondwet. Artikel 9 van die Grondwet gee uitvoering aan hierdie waardes deur die reg op gelykheid voor die reg en gelyke beskerming en voordeel van die reg te waarborg. Gevolglik is die Wetsontwerp op die Bevordering van Vroue en Geslagsgelykheid laat in 2013 in die Parlement bekendgestel.
Op Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede - nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie ’n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie - die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is ’n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, ’n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?