Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

VROUENS BENODIG VEILIGHEID OM VOORSPOEDIG TE WEES

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 09/08/2024

 

Inleiding:

Suid-Afrika het meer vroue as mans, met vroue wat ongeveer 51% van die bevolking uitmaak. Suid-Afrika het ‘n effense afname in geslagsongelykheid in 2023 getoon, met ‘n geslagsgaping-indekstelling van 0,79 (hoe nader aan 0 die telling is, hoe groter is die geslagsongelykheid en hoe nader aan 1, hoe meer bestaan geslagsgelykheid).

In die Suid-Afrikaanse samelewing is vroue egter steeds onderverteenwoordig in besluitnemingsrolle: Die Stigting se Menseregteverslagkaart toon aan dat mans, ten minste gedurende 2022, steeds 67% van dié in bestuursposisies uitgemaak het. Boonop is byna 650 000 van 806 000 werkgewers mans. Daar is geen rede om te glo dat hierdie statistieke, wat ‘n volgehoue geslagswanbalans in die ekonomie toon, drasties sedert 2022 sou verander het nie.

Suid-Afrika moet enige hindernisse vir toetrede tot die ekonomie wat vroue in die gesig staar, verwyder om die kwessie van vroue wat onderverteenwoordig is in leierskap- en besluitnemingsposisies aan te spreek. Dit beteken om gebiede soos onderwys, gesondheid en ekonomiese toegang aan te spreek: Suid-Afrika het geslagsgelykheid in onderwys reeds in 2022 behaal. Gesondheid en oorlewing het 0,98 (baie naby aan 1) behaal en tans is vroue se lewensverwagting is op 69,2 jaar terwyl mans slegs op 63,6 jaar is.

Wat ekonomiese toegang egter betref, staar vroue wêreldwyd dikwels verkragting, seksuele aanranding en seksuele teistering in die gesig staar wanneer hulle ekonomiese geleenthede probeer nastreef – bv. indiensneming, befondsing vir besighede en staatsverkrygingsgeleenthede.

 

Veiligheid is koning:

Dit blyk dus dat veiligheid, wanneer daar gepoog word om toegang tot die ekonomie te verkry, die versperring vir toetrede is. Misdaadstatistieke toon dat vroue steeds die swaarste lei onder geweldsmisdade, met moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en verkragting teen vroue wat almal toename toon. Dit kom as geen verrassing nie, aangesien Suid-Afrika se stryd teen geslagsgebaseerde geweld welbekend is.

Die bereiking van ‘n veilige land vir vroue is dus noodsaaklik as Suid-Afrika ekonomiese gelykheid wil bereik. Soos met baie dinge, is dit nie weens ‘n gebrek aan wette dat hierdie probleem voortduur nie: Wetgewende pogings om geslagsgebaseerde geweld te bekamp sluit die Wysigingswet op Gesinsgeweld, 2021 in wat slagoffers van gesinsgeweld se beskerming verbeter en wat op 14 April 2023 in werking getree het. Dit sluit ook die Wetsontwerp op Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord in, wat daarop gemik is om ‘n raad van 13 lede te stig, met deelname van die burgerlike samelewing, om benaderings tot geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te bestuur. Die wetsontwerp het verval met die ontbinding van die vorige parlement en moet nog weer ter tafel gelê word. Die probleem is dus eerder die doeltreffende toepassing van hierdie wette, te alle tye, oral, in die Republiek: Tussen Oktober 2022 en Maart 2023 is 77 geslagsgebaseerde geweld -verwante sake van die hofrol in die Wes-Kaap Provinsie geskrap weens polisie-ondoeltreffendheid. Dus kan ‘n mens al die wette op die boeke hê wat jy jou kan voorstel, maar as dit nie effektief geïmplementeer word nie, sal dit nie die probleem oplos nie.

 

Die belangrikheid van Vrouedag, Vrouemaand

In Suid-Afrika word Vrouemaand in Augustus gevier aangesien Vrouedag op 9 Augustus ‘n jaarlikse openbare vakansiedag is. Die dag (en maand) is betekenisvol vir Suid-Afrikaners, want dit erken en eer die noodsaaklike rol wat vroue gespeel het tydens ons stryd vir demokrasie. Dit is ook ‘n kans om geslagsgelykheid te bevorder en bewustheid te kweek oor die uitdagings wat vroue steeds in die gesig staar in ‘n samelewing waar hulle sukkel om iets so basies soos veiligheid te beleef.

 

Wat kan ons doen?

Totdat Suid-Afrika daarin slaag om dit veilig te maak vir vroue wanneer hulle aan die ekonomie probeer deelneem, sal die probleem van geslagsongelykheid in die ekonomie voortduur. Soos per die bogenoemde, is die probleem nie ‘n gebrek aan wette nie, maar eerder die oneffektiewe en stuksgewyse implementering daarvan.

Om Suid-Afrika veilig te maak sal ‘n breë sektorbenadering vereis:

Eerstens is meer opgeleide polisiebeamptes en aanklaers deurslaggewend en ononderhandelbaar. Geen sake moet ooit van die hofrol geskrap hoef te word weens polisie-ondoeltreffendheid nie. Nooit nie.

Tweedens is burgerlike samelewingsprojekte nodig: No Means No Worldwide het byvoorbeeld goeie resultate in Kenia getoon met sy projek wat op seuns en meisies fokus. (No Means No Worldwide het in 2020 ‘n projek in Suid-Afrika begin.) Dit sal wonderlik wees om inisiatiewe soos hierdie nasionaal in elke skool te sien pos vat.