Min politici is egter so doof vir die geskel van hul kritici en onvleiende spotprenttekenaars. President Zuma, duidelik geen uitsondering nie en ongetwyfeld opgesweep deur die vurige godsdienstige aard van die geleentheid, het besluit om af te wyk van sy voorbereide teks om te teologiseer oor die aard van die verhouding tussen die
kerk en die staat. Volgens mediaberigte het hy gesê dat indien jy nie gesag respekteer nie, jy die risiko loop om vervloek te word. Hy het voorts gesê dat of jy nou daarvan hou of nie, God ’n verband getrek het tussen die regering en die kerk en dat dit is waarom God sê dat die kerk daarvoor
moet bid. Volgens die berigte het die President ook gevra dat die kerk bid vir politici wat leiers beledig – “want as jy toelaat dat hulle diegene met gesag beledig, jy ’n samelewing skep wat kwaad i
s vir homself”. Dit is dit wat die spekulering rondom President Zuma se leesgewoontes betref. Dit is duidelik dat hy verdiep is in Romeine 13, wat soortgelyke menings vervat Die Kng James-‐weergawe (ek het uit die Kng James-‐weergawe aangehaal omdat Koning James ’n ding of twee geweet het oor die goddelike regte van konings) lees as volg: “Let every soul be subject unto the higher powers. For there is no power but of God: the powers that be are ordained of God…” en dit waarsku voorts: “Whosoever therefore resisteth the power, resisteth the ordinance of God: and they that resist shall receive to themselves damnation”. Die President beskou seker ook onder diegene wat die mag van die regering teenstaan die vele kritici wat hom beledig weens die wyse waarop hy Guptagate hanteer het; sy aftreehuis in Nkandla en die wyse waarop die onafhanklikheid van die Nasionale Vervolgings
gesag ondermyn is. Die President het egter klaarblyklik nie die Grondwet gelees nie, wat geen verband tussen die regering en die kerk erken nie. Die Grondwet erken met reg die vryheid van godsdiens, geloof en mening – maar vermy enige verband tussen kerk en staat. Daar is ook geen verbod op die uitdrukking van geloof nie – met inbegrip van die reg om die regering te kritiseer – en word duidelik erken. Daar is ook die onderliggende idee dat respek vir gesag op voorwaarde moet wees dat die gesag die burgers en die
Grondwet respekteer. Wanneer politieke leiers afwyk van hul voorbereide toesprake bied hul opmerkings dikwels ’n duidelike insig na hul werklike menings, eerder as die versigtig geskrewe tekste deur hul toespraakskrywers. Die beeld van ons president wat na vore kom uit sy uit-die-vuis-toespraak is dié van ’n leier wat diep seergemaak is deur die “beledigings” van sy kritici; wat voel dat hy as president geregtig is op respek op grond van die amp wat hy beklee – eerder as op grond van sy optrede; en wat slegs in ’n beperkte mate toegewyd is tot die bep
alings wat in ons Grondwet verskans word. Koning James I – en sy arme seun Charles I – het soortgelyke menings gehad – wat in Charles se geval tot uiters ongelukkige gevolge gelei het.
Deur Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting
KERK EN STAAT