Ons as ‘n land, mis jou, Madiba. Ons mis jou vreeslose leierskap, jou eerlikheid en integriteit, jou onverbiddelike strewe na nie-rassigheid en versoening. Ons mis die feit dat jy jouself nie bo die reg geag het nie, en ‘n dienaar van die mense gebly het. Ons mis jou meegevoel vir die armes en ons menslikheid. Ons weet dat jy nie onfeilbaar was nie, ‘n gewone, maar begaafde mense. Maar ons waardeer dit nou selfs meer dat jy jou mense gedien het op die beste manier wat jy kon – streng in ooreenstemming met die Grondwet wat uiteindelik jou nalatenskap was. 

Ons by die FW de Klerk Stigting, saam met ons stigter, die mede-ontvanger van jou Nobelvredesprys, treur oor jou heengaan. Ons doen dit nie uit desperaatheid nie, maar met ‘n sterk oortuiging om jou nalatenskap op die beste manier wat ons kan te eer – om die Grondwet te handhaaf en beskerm,en om alle politici en ander leiers aanspreeklik te hou teenoor daardie riglyn.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
5 Desember 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published.