+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Hul etos, om tot voordeel van almal in Suid-Afrika – en buite ons grense – te werk, stem baie ooreen met die grondliggende beginsels van ons Grondwet, wat die waardes van “menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede …” verskans.

In die byna 26 jaar van hul geskiedenis het Gift of the Givers R2.1 miljard uitbetaal vir hulp aan behoeftige individue en gemeenskappe in 43 lande, met inbegrip van Suid-Afrika. Een van die ingrypings waarby hulle sedert Oktober 2015 betrokke was, is droogteverligting in die Wes-Kaap. Hul leuse is: “Die beste onder die mense is diegene wat die mensdom bevoordeel”. Gevolglik dien Gift of the Givers onvoorwaardelik alle mense ongeag ras, geloof, kultuur, kleur, politieke affiliasie of geografiese ligging.

Voormalige President FW de Klerk het die Welwillendheidstoekenning op Donderdag, 1 Februarie 2018 toegeken aan dr Imtiaz Sooliman – Stigter, Direkteur en Voorsitter van Gift of the Givers – tydens die Stigting se jaarlikse Galadinee in Kaapstad.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
2 Februarie 2018

Die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning is in 2010 ingestel om erkenning te verleen aan individue en organisasies wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in Pieter-Dirk Uys (2012), Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015), Adv Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer, en die afrigter-en-atleetspan van mev Anna (Ans) Botha, en mnr Wayde van Niekerk (2017).

Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).