Dokumentargief
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) skryf artikels, reik verklarings uit en maak voorleggings aan parlementere portefeulje- en gekose komitees. Die SGR publiseer ook besprekings
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) skryf artikels, reik verklarings uit en maak voorleggings aan parlementere portefeulje- en gekose komitees. Die SGR publiseer ook besprekings
Die Sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, voel klaarblyklik dat dit onnodig is vir President Zuma om sy verhouding met die Gupta-familie te verduidelik. Mantashe is as voorts aangehaal: “Het die President ons in sy vertroue geneem oor die verhouding tussen [hom] en die Gupta-familie? Ek is nie seker of dit nodig is nie…Dis nie die besigheid van die Nasionale Uitvoerende Komitee met wie ek in my persoonlike hoedanigheid te doen het nie. Die vraag is of die verhouding ’n uitwerking gehad het op die familie se optrede?” Die President hoef volgens die Sekretaris-generaal nie sy verhouding met die Gupta-familie aan die party te verduidelik nie, maar hy skuld beslis ’n antwoord aan Suid-Afrika.
Tydens ’n onlangse lesing aan die Universiteit van Johannesburg het Jeremy Gauntlett aangevoer dat sekere bepalings in die Wysigingswet op Hoër Onderwys- en Opleidingswette, Wet 23 van 2012 (die Wet), heel moontlik ongrondwetlik is. Volgens hom kan die Wet grondwetlik beveg word aangesien die beginsels wat daarin vervat word baie vaag is, dit op onregverdigbare wyse die reg op akademiese onafhanklikheid skend; en dit die reg op regverdige administratiewe optrede skend. Gauntlett hou vol dat die Wet vaag is aangesien “verskeie bepalings in die Wysigingswet ’n ongebonde diskresie aan die Minister toeken, veral dié wat voorsiening maak vir die aanstelling van ’n administrateur”. Daarbenewens doen die Wysigingswet inbreuk op akademiese vryheid, op ’n wyse wat nie ingevolge artikel 36 van die Grondwet geregverdig kan word nie”. Laastens het hy aangevoer dat “’n hele paar ander tekortkominge in die Wysigingswet dit ook aanvegbaar maak op grond van die grondwetlike reg op regverdige administratiewe optrede”.
Vroeër hierdie jaar het die Departement van Openbare Werke (DOW) die jongste weergawe van die konsepwetsontwerp op onteiening vir kommentaar gepubliseer. Die konsepwetsontwerp is tot ’n sekere mate ’n verbetering op die opspraakwekkende weergawe van 2008. Eerstens het die jongste weergawe van die wetsontwerp ten minste nie meer ten doel om die vereiste te omseil dat vergoeding vir onteiende eiendom, indien geen ooreenkoms tussen die partye bereik kan word nie, deur ’n hof vasgestel of goedgekeur moet word nie. Volgens die wetsontwerp se memorandum ter verduideliking, is sy doel om die Wet op Onteiening in ooreenstemming te bring met die Grondwet en om ’n algemene raamwerk daar te stel ten einde die prosesse en prosedures ten opsigte van die onteiening van eiendom deur staatsorgane te lei. In beginsel is hierdie doelwit eerbaar. Die nuwe wetsontwerp is egter besmoontlik so losweg geformuleer dat die uitvoering daarvan de facto kan lei tot die ernstige erodering van eiendomsregte soos dit beskerm word ingevolge artikel 25 van die Grondwet. Die kwessie rondom eiendomsregte was een van die mees betwiste kwessies tydens die grondwetlike onderhandelinge.
Die Sentrum vir Grondwetike Regte (SGR) bevorder en beskerm die Grondwet – die hoeksteen van Suid-Afrika se nuwe samelewing. Deur ’n erfporsie aan die SGR
Maak ’n Korporatiewe Skenking As deel van ’n nie-winsgewende organisasie met ’n klein begroting verwelkom die SGR skenkings van maatskappye en stigtings om sy werk
Hoe om jou regte te beskerm As jy voel dat jou regte ondermyn word, is die eerste stap om vas te stel of daardie reg
Maak ’n veilige skenking aanlyn deur ’n krediet- of debietkaart Die SGR funksioneer as ‘n eenheid van die FW de Klerk Stigting, ’n geregistreerde Publieke
Dit waarborg ons basiese regte, insluitend die reg op lewe, vryheid, waardigheid, eiendom en deelname aan ons demokratiese stelsel. Dit gee uitdrukking aan die waardes