Soos baie ander waarnemers in en buite Suid-Afrika, is die FW de Klerk Stigting baie bekommerd oor die toenemende bedreigings vir eiendomsregte. Ons het gevolglik besluit om ’n konferensie te hou ter oorweging van die Toekoms van Eiendomsregte:
- die tersaaklike wetgewing;
- die mate van beskerming wat eiendomsregte steeds kragtens artikel 25 van die Grondwet geniet;
- die uitwerking van die heropening van hersteleise en verskeie voorstelle betreffende grondhervorming op die kommersiële landbousektor; en
- die uitwerking op sakeondernemings en die ekonomie indien enige daadwerklike pogings aangewend sou word om eiendomsregte verder te verwater.
Sprekers sluit in FW de Klerk; dr Anthea Jeffery (IRV); adv Martin Brassey; dr Theo de Jager (AgriSA); en Mike Schüssler (economists.co.za).
RSVP: Telefoon: 021 930 3622 | E-pos: info@fwdeklerk.org
Beperkte sitplekke beskikbaar.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting