Met in agneming van die beginsel van die skeiding van magte, en ten einde nie die Nasionale Vergadering voor te skryf oor hoe om sy werksaamhede uit te voer, het die Hof nie beveel dat die Speaker van die Nasionale Vergadering ‘n geheime stemming hou nie. Nietemin, gegewe dat die Speaker toegegee het dat sy nie gekant is teen ‘n geheime stemming nie – sou dit irrasioneel van haar wees om te weier om ‘n geheime stemming te hou indien die opposisiepartye dit versoek. Die kostebevel teen die President en die Speaker is ‘n aanduiding van hoe die Speaker enige versoeke om ‘n geheime stemming in ‘n mosie van wantroue moet oorweeg. Bowenal stel die uitspraak dit duidelik dat in die geval van konflik tussen die handhawing van grondwetlike waardes en lojaliteit aan ‘n party, die plig om die nasie te dien en in ooreenstemming met die beste belange van die nasie op te tree, voorkeur moet geniet.
Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte