Die klagte spruit uit ‘n perskonferensie wat in April deur Motsoeneng gehou is terwyl hy geskors is, soos deur die Wes-Kaapse Hoë Hof in Desember 2016 beveel is. Die hof het ook bevind dat Motsoeneng geen posisie by die openbare uitsaaier kon beklee tensy en totdat die Openbare Beskermer se verslag – wat hy uitgewys het as ‘n deel van die oorsaak van die probleme by die SAUK – tersyde gestel is, of ‘n nuwe tugverhoor hom onskuldig bevind het.

Die aankondiging is gemaak deur die Voorsitter van die SAUK se tussentydse raad, Khanyisile Kweyama, tydens ‘n perskonferensie na afloop van ‘n vergadering met Minister Ayanda Dlodlo. Die voorsitter het ook die publiek verseker dat die raad van die besluite wat Motsoeneng gedurende sy termyn by die SAUK gemaak het, sal herroep. Dit sluit in die verbod op gewelddadige beeldmateriaal en die beleid op plaaslike inhoud in ooreenstemming met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) se reëls. Die voorsitter het ook beklemtoon dat alhoewel die finansiële situasie by die Uitsaaier sleg is, salarisse nog altyd betaal is, en dat hulle ‘n reddingsboei van die Tesourie aangevra het.

Die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die besluit om Motsoeneng by die SAUK af te dank. Die deursigtigheid waarmee die tugproses uitgevoer is en die spoed waarteen ‘n besluit gemaak is, moet geloof word, gegewe die hindernisse wat hulle moes oorkom. Die tussentydse raad word geloof vir sy standpunt oor onwettige optrede en sy klaarblyklike respek vir die beginsels van openheid, deursigtigheid en respek vir die Oppergesag van die Reg. Dit is hoog tyd dat die tersaaklike parlementêre portefeuljekomitees op soortgelyke wyse by ander instellings in staatsbesit, met inbegrip van Denel en Eskom, ten einde die klaarblyklike endemiese korrupsie en onbevoegdheid aan te pak. 

Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.