Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het beide geskrewe en mondelinge voorleggings oor die Wetsontwerp aan die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake gelewer. Ten spyte van hierdie bekommernisse is bitter min egter gewysig, en die Wetsontwerp, wat verder gewysig is, is op 15 Maart 2017 in die Nasionale Vergadering aanvaar en na die NRVP gestuur vir instemming.
Die SGR is veral bekommerd oor die bykomende gronde vir uitsluiting betreffende weiering van vlugtelingstatus waarvoor in die Wetsontwerp voorsiening gemaak word, wat deur een individu uitgevoer sal word – naamlik die Vlugtelingstatusbepalingsbeampte (VSBB). Hierdie bykomende gronde vir uitsluiting is gegrond op die VSBB se ‘redelike oortuiging’. Dit sluit byvoorbeeld ‘n oortreding in wat verband hou met die bedrieglike besit van ‘n Suid-Afrikaanse reisdokument, of die versuim van ‘n aansoeker om asiel om binne vyf dae nadat hy of sy die land binnegekom het, in die afwesigheid van geldige redes, by ‘n Vlugtelingontvangskantoor aan te meld. Die bykomende gronde vir uitsluiting is bykomend tot die beperkte gronde wat in die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Status van Vlugtelinge (Konvensie van 1951) vervat is, waarvan Suid-Afrika ondertekenaars is en wat in stryd is met die beginsel dat vlugtelinge nie terug gestuur sal word na ‘n land waar hulle vervolging in die gesig staar nie. Die Konvensie van 1951 beperk uitsluiting tot individue wat skuldig is aan oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, ersntige misdade wat nie met politiek verband hou nie, en individue wat skuldig is aan dade wat in stryd met die beginsels van die VN is.
Ten spyte van sy doelwit om korrupsie te bekamp, kan die doelwitte van die Wetsontwerp in die wiele gery word, aangesien dit ‘n groot mate van diskresie aan een individu verleen om vlugtelingstatus te weier – op gronde wat duidelik in stryd met internasionale beginsels oor vlugtelinge is. Daar is voorts ook min toesighouding oor die VSBB se besluit om vlugtelingstatus toe te ken. Gevolglik het die SGR se voorlegging ten doel om Suid-Afrika se aansoekproses om asiel te verkry, in ooreenstemming met beide internasionale reg asook die nasie se Grondwet te bring.
Uitgereik deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte