+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

LESSE UIT DIE 2026-GTAC-KONFERENSIE

Die 2026-GTAC-konferensie oor openbare ekonomie het ’n kernwaarheid beklemtoon: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur mense op te lei vir werksgeleenthede wat nie bestaan nie. Volhoubare vooruitgang vereis bewysgebaseerde beleid, verstandiger openbare besteding en groter ondersteuning vir die informele, township- en plattelandse ekonomieë waar miljoene mense reeds hul bestaan maak. Uiteindelik vereis die Grondwet ’n staat wat waardigheid beskerm, struikelblokke tot geleenthede verwyder en sukses aan werklike uitkomste eerder as die aantal befondsde programme meet.

Read More »

DIE REG OP VERDERE ONDERWYS – DOEN DIE STAAT GENOEG, GOED GENOEG?

Die Grondwet verskans die reg nié net tot basiese onderwys nié, maar ook tot verdere onderwys soos omskryf in artikel 29(1)(b).Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is een van die instrumente (die redelik haalbare maatreëls) waardeur die staat kwalifiserende studente finansiëel bystaan om ‘n naskoolse kwalifikasie te verwerf.

Read More »

DOKTERS SONDER WERK: WERKLOOSHEID EN DIE KONTROVERSIëLE NHI-WETSONTWERP

Midde al die uitdagings wat die publieke gesondheidssektor ervaar, staar Suid-Afrika ‘n verwarrende teenstrydigheid in die gesig – ‘n Groep van meer as 800 werklose dokters, teenoor ‘n styging in mediese nalatigheidseise in staatshospitale. Hierdie situasie beklemtoon die grondwetlike implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekering Wetsontwerp (“NHI”), wat, allesbehalwe ‘n towerstaf, net blyk om die uitdagings wat tans ervaar word, te vererger.

Read More »