DIE FW DE KLERK STIGTING WENS PRESIDENT RAMAPHOSA GELUK MET SY PRESIDENTSKAP, WENS HOM STERKTE TOE MET DIE RNE SE PRIORITEITE
Die FW de Klerk Stigting wens pres. Cyril Ramaphosa geluk met sy inhuldiging vandag as die president van Suid-Afrika.
Die FW de Klerk Stigting wens pres. Cyril Ramaphosa geluk met sy inhuldiging vandag as die president van Suid-Afrika.
Suid-Afrika se 2024 Algemene Verkiesing word gemerk as een van die belangrikste en mees omstrede verkiesings sedert die 1994-verkiesing wat Suid-Afrika se nuwe demokrasie en vryheid ingelui het. Nié net was die verkiesing hewig betwis nié, maar dit was die eerste wat onafhanklike kandidate toegelaat het om te staan.
Suid-Afrika se 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesings het die land se politieke landskap aansienlik verander aangesien geen enkele party ‘n volstrekte meerderheid (meer as 50% van die setels) gewen het nie. Samewerking tussen partye is dus nodig.
In hierdie artikel, kyk Daniela Ellerbeck en Ismail Joosub na wat (indien enigiets) die Grondwet sê oor so ‘n koalisie, die gevolge van ‘n dooie punt in die verkiesing van ‘n president en die behoefte aan ‘n regering van Grondwetlike Eenheid.
Die FW de Klerk Stigting wens alle Suid-Afrikaners ‘n vreedsame verkiesingsdag môre toe.
Die FW de Klerk Stigting stel hiermee sy omvattende beoordeling van partye se optrede en die belyning daarvan met die Grondwet se waardes en Handves van Regte, bekend.
Die Konstitusionele Hof het vandag oor die geskiktheid van oudpresident Jacob Zuma beslis om vir die Parlement te staan.
President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (nou Wet) vandag, 15 Mei 2024 kort na 15h00 onderteken. In wat sommige dalk beskou as ‘n laaste poging om ondersteuning vir die ANC te verkry, het die President die hoogs omtrede wet bekragtig, slegs 14 dae voor die nasionale verkiesing.
Beskou as die ‘grootste verkiesingsjaar in die geskiedenis’, sal 2024 ‘n groot toets vir liberale demokrasie wees – met ‘n paar maatreëls wat daarop dui dat ‘n groot wending na outoritarisme op die horison is vir die grootste deel van die wêreld…