PRESIDENT BEKRAGTIG NGV DAE VOOR NASIONALE VERKIESING

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck, namens die FW de Klerk Stigting, op 15/05/2024

 

President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (nou Wet) vandag, 15 Mei 2024 kort na 15h00 onderteken. In wat sommige dalk beskou as ‘n laaste poging om ondersteuning vir die ANC te verkry, het die President die hoogs omtrede wet bekragtig, slegs 14 dae voor die nasionale verkiesing.

 

Wat die NGV Wet in die praktyk beteken: 

Die Wet sal ‘n enkele openbare gesondheidsfonds skep vir die gesondheidsbehoeftes van die hele Suid-Afrikaanse bevolking. Baie was egter uiters bekommerd dat, eerder as om almal se reg op toegang tot gesondheidsorgdienste te vervul, die NGV Wet Suid-Afrika se funksionerende private gesondheidsorgsektor sal vernietig,” sê Daniela Ellerbeck, Bestuurder van Grondwetlike Programme by die FW de Klerk Stigting.

 

Wat nou?

Artikel 80 van die Grondwet gee Parlementslede (“LP’s”) die kans om binne 30 dae (van vandag af) die Konstitusionele Hof direk te nader vir ’n bevel wat die NGV Wet ongrondwetlik verklaar (óf van geen regstatus het tot tyd en wyl die Hof oor die grondwetlikheid daarvan beslis het nie). Die Grondwet vereis dat dié aansoek deur minstens ’n derde van die Nasionale Vergadering se lede ondersteun word.

Die Stigting is bewus daarvan dat die nasionale verkiesing om die draai is en parlementslede aktief besig is met veldtogte. Die Stigting doen nietemin ‘n beroep op die betrokke LP’s van verskillende politieke partye om ‘n een-derde minimum van lede byeen te kry en die Konstitusionele Hof te nader. Indien dit nie slaag nie sal Suid-Afrika met onoorkomelike uitdagings met betrekking tot finansiële-, menslike hulpbronne- en bestuurderstekorte in die gesig worstel wat almal se reg op toegang tot gesondheidsorgdienste sal knou, lánk nadat die 2024-verkiesing verby is.

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.