Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE KONSTITUSIONELE HOF BEVESTIG DAT JACOB ZUMA NIE TOT DIE PARLEMENT VERKIES KAN WORD NIE
Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 20/05/2024
Die Konstitusionele Hof het vandag oor die geskiktheid van oudpresident Jacob Zuma beslis om vir die Parlement te staan. Die hof het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (“OVK”) se diskwalifikasie van Zuma bevestig en sodoende die toepassing van artikel 47(1)(e) van die Grondwet bevestig. Artikel 47(1)(e) verbied enigiemand wat tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van ʼn boete gevonnis is om as lid van die Parlement te dien. Dit geld vir tot vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
Ismail Joosub, Regsbeampte van Grondwetlike Programme by die FW de Klerk Stigting, het opgemerk: “Hierdie besluit handhaaf die Grondwet en sy uitdruklike geskiktheidsvereistes vir diegene wat die amp van ‘n lid van die Parlement wil beklee. Dit herbevestig die grondwetlike mandaat om te verseker dat slegs individue wat aan streng etiese standaarde en wetlike vereistes voldoen, vir openbare amp te kan staan. Sodoende word die demokratiese beginsels wat die grondslag van ons samelewing vorm, beskerm.”