Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING STEL BEOORDELING VAN POLITIEKE PARTYE SE BELYNING MET DIE GRONDWET BEKEND

Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 28/05/2024

 

Die FW de Klerk Stigting stel hiermee sy omvattende beoordeling en ranglys van partye se optrede en die belyning daarvan met die Grondwet se waardes en Handves van Regte, bekend. “Die doel is om te sien of almal se woorde en dade hand-aan-hand loop,” sê Christo van der Rheede, die Stigting se Uitvoerende Direkteur.

Hierdie vrystelling volg op die hakke van die Stigting se eerste omvattende beoordeling wat die grondwetlike voldoening van politieke partye se verkiesingsmanifeste bestudeer het. Die manifeste was toe geranglys ten opsigte van nakoming.

Die eerste en tweede assesserings verskil van mekaar, deurdat die eerste assessering na die partye se manifeste gekyk het, terwyl hierdie tweede assessering na die partye se optrede en retoriek kyk,” sê Ismail Joosub, Regsbeampte by die Stigting. “Ons hoop dit sal ’n nuttige bron van inligting vir Suid-Afrikaners wees om te bepaal watter politieke partye hul grondwetlike regte gehandhaaf het en watter dit verontagsaam het.”