Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE FW DE KLERK STIGTING WENS PRESIDENT RAMAPHOSA GELUK MET SY PRESIDENTSKAP, WENS HOM STERKTE TOE MET DIE RNE SE PRIORITEITE
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 19/06/2024
Die FW de Klerk Stigting wens pres. Cyril Ramaphosa geluk met sy inhuldiging vandag as die president van Suid-Afrika.
“Die FW de Klerk Stigting wens pres. Cyril Ramaphosa alle sterkte toe met sy ampstermyn. Ons glo die Regering van Nasionale Eenheid (“RNE”) sal suksesvol wees, omdat dit gegrond is op respek vir die Grondwet, die algehele Handves van Regte, ‘n verenigde Suid-Afrika en die oppergesag van die reg. Die Stigting hou vol dat om ons nasie se demokrasie te beskerm, ‘n breë koalisie van alle partye lojaal aan die Grondwet en verbind tot die Handves van Regte nodig is,” sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die Stigting.
“Mag sy eksellensie voortdurend gelei word deur die RNE se ooreengekome prioriteite in sy leiding van die sewende administrasie,” sê van der Rheede. “Hierdie prioriteite eggo baie van wat die Stigting herhaaldelik beklemtoon het wat sleutelprioriteite vir die RNE behoort te wees. Dit behels ekonomiese groei; infrastruktuurontwikkeling; voedselsekuriteit; wet en orde; die bou van ‘n professionele, verantwoordbare en responsiewe staatsdiens wat op meriete aangestel is en die versterking van eenheid onder Suid-Afrikaners.”
“Die Stigting herhaal egter sy beroep dat die RNE, wanneer dit kom by vasstelling van beleidsprioriteite tydens die komende Lekgotla, die klem op die aanpak van jeug-indiensname moet val. Dit kan gedoen word deur werksgeleenthede vir die jeug in alle ekonomiese sektore te prioritiseer; verhoging van die aantal beskikbare leerlingskappe; belastingaansporings; klein besigheidsgeleenthede; basiese indiensnemingstoelaes; uitgebreide openbarewerkeprogramme en tegniese opleiding by die werk,” beklemtoon van der Rheede.