Vanjaar lewer lede van die stigting en die SGR-personeel ‘n praktiese bydrae en spandeer hul 67 minute se diens by Innovation for the Blind in Worcester. Die span spandeer die dag in die Brevis-huis vir gesiggestremde en ander verswakte bejaardes, en gaan die badkamergeriewe bietjie optooi!

Deur heel jaar lank – en nie net op Mandela-dag nie, saam met hierdie organisasies te werk dra ons by tot betekenisvolle verandering. Soos voormalige president Mandela gesê het: “Dit is in jou hande om ons wêreld ‘n beter een vir almal te maak, veral die armes, kwesbares en gemarginaliseerdes.”

Vir meer inligting oor Innovation for the Blind: http://innovationfortheblind.org

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
18 Julie 2019

Leave a Reply

Your email address will not be published.