+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

 

SAL het nou verklaar dat die finale 40 kandidate vir die 2013-inname onder die kategorie van voorheen benadeelde individue val soos gedefinieer in die Wet op Gelyke Indiensneming – en dat nie ’n enkele wit persoon vir die leerlingprogram gekies is nie. Die groep bestaan glo uit 10 swart mans, vier swart vroue, nege bruin mans, een bruin vrou, sewe Indiërmans, twee Indiërvroue en sewe wit vroue.

In wese wil dit voorkom of die verbod op die aanstelling van wit manlike leerlingvlieëniers nie in praktyk opgehef is nie.

Volgens die woordvoerder van SAL, Tlali Tlali, “is dit belangrik om dit te oorweeg binne die huidige werklikheid en maatreëls wat ingestel moet word”. Tlali het voorts verklaar dat “die leerlingprogram die lugredery se poging is om nie net homself te transformeer nie, maar ook die land se gemeenskap van vlugbemanning, wat nie naastenby die land se demografie weerspieël nie”.

Ons kan aanneem dat SAL se bestuur, as ’n onderneming in staatsbesit, glo dat dit die basiese waardes en beginsels wat op openbare administrasie van toepassing is ingevolge artikel 195 van die Grondwet, moet toepas. Ingevolge subartikel 195 (1)(i) moet “openbare administrasie in die breë verteenwoordigend wees van die Suid-Afrikaanse mense, met indiensnemings- en personeelpraktyke wat op vermoë, objektiwiteit, regverdigheid en die behoefte om die ongeregtighede van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te behaal.”

Dit is verstaanbaar dat SAL wil streef na ’n situasie waar sy vlugbemanning meer in die breë verteenwoordigend is van die demografie van die land. Hulle moet egter die volgende in gedagte hou:

Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid, ongeag ons ras of geslag. In ons verstaanbare en noodsaaklike pogings om gelykheid te bevorder en om meer verteenwoordigde openbare instellings te behaal, moet ons nie vergeet van die grondliggende waarde van nie-rassigheid nie.

Deur Adv Jacques du Preez, FW de Klerk Stigting


Leave a Reply

Your email address will not be published.