21icons-fwdeklerk

Foto deur 21icons.com

Die FW de Klerk Stigting is in 1999 gestig om dít waarvoor FW de Klerk tydens sy presidensie gewerk het, te bevorder. Die Stigting is ’n klein, professionele, koste-doeltreffende organisasie. 

Die FW de Klerk Stigting is nie aan enige party gebonde nie en bevorder die volle spektrum van regte, waardes en beginsels in die Grondwet. Dit volg ’n benadering wat streef na konsensus en ’n nie-konfronterende styl en poog – waar ook al moontlik – om sy doelwitte te bereik deur besprekings en oorreding.

Die FW de Klerk Stigting is geïnkorporeer in ’n Trust (IT1863/99) en is geregistreer as ’n niewinsgewende organisasie (NPO 031-061; PBO 930004278) ingevolge die Wet.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.