Ons stem heeltemal saam.

Die Wet, wat in November 2012 afgehandel is en in Desember 2012 deur die President onderteken is, het die potensiaal om op ongrondwetlike wyse ’n negatiewe uitwerking te hê op die institusionele outonomie en akademiese vryheid van universiteite en ander instellings van hoër onderwys. Een van die grootste bekommernisse van die Wet, soos uitgewys deur Gauntlett, spruit uit die bepalings van artikel 7, wat die Minister toelaat om in te gryp by die beheer en bestuur van hoër onderwysinstellings. Ingevolge hierdie artikel kan die Minister ’n bevel aan die raad van ’n universiteit rig indien, in die Minister se opinie, die raad “onregverdig of op ’n diskriminerende of onbillie wyse opgetree het teen ’n persoon teenoor wie dit ’n plig het”. Indien die raad dan nie die bevel nakom nie moet die Minister die raad ontbind en dit met ’n administrateur met uitgebreide magte vervang -­ ongeag van die aard of omvang van die Minister se bevel of die raad se redes of verdediging oor waarom dit nie aan sodanige bevel voldoen het nie.

Volgens Gauntlett stippel die Wet nie die omstandighede uit ingevolge waarvan die aanstelling van ’n administrateur geregverdig word nie: “Vanweë die verreikende gevolge van sodanige aanstelling (nie net die feit dat alle magte -­ dus bestuur, beheer en administrasie -­ aan ’n enkele persoon toegeken word nie, maar ook die outomatiese en onomkeerbare ontbinding van die raad), stem die gebrek aan wetgewende raad aan die Minister nie ooreen met grondwetlike uitsprake nie”.

Die gebrek aan voldoende konsultasie met relevante belanghebbendes in hoër onderwys voordat die Wet gepromulgeer is, is net so kommerwekkend. Beide Hoër Onderwys Suid-­ Afrika (wat al 23 visekanseliers van Suid-­Afrikaanse universiteite verteenwoordig) sowel as die Raad op Hoër Onderwys is voorheen in die media aangehaal dat die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, hulle nie geraadpleeg het oor die wysigingswetgewing nie -­ nie gedurende die opstel daarvan nie en ook nie gedurende die parlementêre proses nie. Beide Hoër Onderwys Suid-­Afrika en die Raad op Hoër Onderwys het gevolglik, in hul openbare voorleggings aan die parlementêre Portefeulje Komitee oor Hoër Onderwys en Opleiding, hul kommer uitgespreek en aanbevelings voorgelê oor die wetgewing, maar dit het op dowe ore geval. Die Wetsontwerp is aanvaar sonder dan enige noemenswaardige veranderinge aangebring is en is gepromulgeer deur die President sonder dat die res van hul bekommernisse oorweeg is. In antwoord op hul bewerings het die Portefeulje Komitee gesê dat openbare verhore, waartydens hierdie liggame hul voorleggings gemaak het, as voldoende raadpleging beskou word. Daarbenewens het die Minister se woordvoerder, Vuyelwa Qinga, aangevoer dat beide Hoër Onderwys Suid-­Afrika sowel as die Raad op Hoër Onderwys die geleentheid gehad het om aan die openbare verhore deel te neem en dat die nuwe Wet nie aan die Minister enige nuwe magte verleen nie. Volgens haar is dit ook nie waar dat die Minister beheer oor die bestuur van die universiteite wil hê nie, maar dat “institusionele outonomie nooit opsig self ’n einde kan wees indien jy ’n openbare instelling is wat onderhewig is aan nasionale imperatiewe van ’n ontwikkelende staat soos ons s’n en wat van openbare fondse afhanklik wees nie”. Minister Nzimande het hierdie posisie bevestig tydens sy onlangse begrotingspostoespraak waartydens hy opgemerk het dat hy genoop is om op te tree oor sommige hoër onderwysinstellings om “te verseker dat hul integriteit en ordentlike funksionering in die lig van korrupsie of wanadministrasie” en dat hy “weier om geïntimideer te word deur diegene wat sê dat dit die outonomie van universiteite skend, maar die behoefte aan universiteite om in die openbaar verantwoordelik gehou te word”.

Soos Gauntlett uitgewys het, is akademiese vryheid -­ as ’n grondwetlike reg -­ nie absoluut nie: “Dit is gelykstaande aan die regte van ander”. As sulks is dit ongetwyfeld noodsaaklik om te verseker dat alle universiteite en ander hoër onderwysinstellings ordentlik funksioneer -­ vry van wanadministrasie en korrupsie. Dit is belangrik om die institusionele integriteit van hierdie instellings te verseker -­ beide in die belang van gehalteonderwys, asook in die belang van verantwoordelikheid vir openbare befondsing in hierdie instellings. Ongeag hoe intimiderend dit egter mag klink kan dit nie ’n middel tot ’n doel wees om beheer te vat van ’n universiteit se beheer-­ en bestuurstrukture sonder om die grondwetlike imperatiewe te oorweeg nie. Lees Jeremy Gauntlett se volledige lesing, “Freedom’s Children? Institutional Autonomy at South African Universities 20 Years On”, soos dit aangebied is by die Universiteit van Johannesburg op 7 Mei 2013.

[Lesing gepubliseer en versprei met toestemming van die skrywer.]

Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.