VERKLARING: INTERNASIONALE MENSEREGTEDAG
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) vier Internasionale Menseregtedag wat, ongelukkig, ook die einde aandui van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) vier Internasionale Menseregtedag wat, ongelukkig, ook die einde aandui van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld.
Ter herdenking van die Internasionale Dag teen Korrupsie doen die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) ’n beroep op elke Suid-Afrikaner om aan te dring op ’n veelpartystelsel van demokratiese regering wat verantwoordelik is, ’n responsiewe ingesteldheid het en oop is, en ’n regering, privaatsektor en samelewing met ’n benadering van zero verdraagsaamheid teenoor korrupte dade.
Wanneer sal die President weer vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord?
3 Desember is Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede.
Elke jaar van 25 November tot 10 Desember – 16 dae in totaal – kom die wêreld bymekaar om voorspraak te doen vir ’n pandemie wat miljoene vroue en dogters regoor die wêreld raak: huishoudelike geweld.

DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: BESPREKINGSREEKS
ONDERWERP: DIE MEDIA, DIE GRONDWET EN PUBLIEKE LEIERSKAP
SPREKERS: MAX DU PREEZ EN MONDLI MAKHANYA
Sluit by ons aan vir die laaste bespreking in ’n reeks van vier geleenthede wat deur die Skool vir Publieke Leierskap Publieke Leierskapforum (SPLPLF) aangebied word in samewerking met die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS).
Die ad hoc-komitee wat aangestel is om die verslag deur die President oor die veiligheidsopgraderings aan sy private woning in Nkandla te oorweeg het die President onthef van enige verantwoordelikheid vir die opgraderings wat nie met veiligheid verband hou nie.

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van onlangse ontwikkelings in die Nasionale Vergadering wat die onafhanklikheid en magte van die Parlement, wat in die Grondwet verskans word, duidelik ondermyn.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) veroordeel ten sterkste die onlangse uitsprake deur die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), Julius Malema, waarin hy voorspraak maak vir die besetting van grond.