Volgens die Grondwet wys die President kabinetslede aan, ken hul magte en funksies toe en kan hy hulle ontslaan. Op sy beurt is die Kabinetslede gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik teenoor die Parlement vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies. As sodanig is die standaard waarskynlik laag om as ‘n kabinetslid te kwalifiseer. Die aanstelling, soos met die afdanking van kabinetslede, is ‘n politieke besluit, met inmenging van die howe wat in sodanige besluitneming toegelaat word in sekere, uiteengesette omstandighede. Oor die algemeen geniet die President ‘n wye diskresie om sulke aanstellings te doen, hoewel dit raadsaam is om te aanvaar dat die President ander lede van die Nasionale Uitvoerende Raad van die regerende party raadpleeg.
Die Grondwet self lê die President nie só ‘n plig op nie.
Sodra hulle hul amp beklee, mag Lede van die Uitvoerende Gesag kragtens artikel 96 van die Grondwet nie –
“(a) enige ander betaalde werk aanvaar;
(b) optree op enige wyse wat teenstrydig met hul amp is, of hulself blootstel aan enige situasie waarby die risiko van ‘n konflik tussen hul amptelike verantwoordelikhede en private belange bestaan; of
(c) hul posisie of enige inligting wat aan hulle toevertrou is, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordee niel.”
Die Executive Members’ Ethics Act van 1998 maak voorts voorsiening vir ‘n etiekkode om die optrede van lede van die uitvoerende gesag te reguleer. Die kode brei die bogenoemde grondwetlike voorskrifte verder uit deur te bepaal dat lede van die uitvoerende gesag nie:
(a) die Wetgewer waaraan hulle aanspreeklik is, opsetlik mag mislei nie;
(b) die President of Premier opsetlik mag mislei nie, na gelang van wat die geval mag wees nie;
(c) op ‘n manier mag optree wat strydig met hul posisie is nie;
(d) hul posisie of enige inligting wat aan hulle toevertrou is, mag gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie;
(e) inligting wat vertroulik in die loop van hul pligte ontvang word, gebruik anders as in verband met die uitvoering van hul pligte nie;
(f) hulself blootstel aan enige situasie wat die risiko van ‘n konflik tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange inhou nie;
(g) vergoeding ontvang vir enige werk of diens anders as vir die verrigting van hul werksaamhede as lede van die Uitvoerende Bestuur nie; of
(h) onbehoorlike gebruik maak van enige toelae of betaling wat behoorlik aan hulle gemaak is of die administratiewe reëls wat op sodanige toelae of betalings van toepassing is, ignoreer nie.
Die Sentrum vir Etiek omskryf etiek as ‘n “proses van besinning waar mense se besluite gevorm word deur hul waardes, beginsels en doel, eerder as ondenkende gewoontes, maatskaplike konvensies of selfbelang.” Die Oxford English Dictionary, aan die ander kant, omskryf die reg “as ‘n stelsel van reëls wat ‘n spesifieke land of gemeenskap erken as die regulering van die optrede van sy lede, en wat toegepas kan word deur die instelling van strafmaatreëls.” Gevolglik het die reg klaarblyklik op sy eie ‘n baie nouer fokus en ‘n laer standaard wat nagekom moet word.
Gegewe Minister Nene se erkenning binne die konteks van die bogenoemde etiekkode – ontstaan die vraag oor hoe lede van die uitvoerende gesag werklike of klaarblyklike konflik van belange kan verhoed. Ter beantwoording van hierdie vraag moenie net die regstandaard gebruik word nie, maar ook die etiese standaarde. In die Suid-Afrikaanse konteks is daar geen dubbelsinnigheid oor wat die wet van lede van die Uitvoerende Bestuur vereis nie. Die Etiekkode vereis ‘n hoër standaard van gedrag as wat deur die wet bepaal word. Die toepassing van die gegewe feitestel op hierdie verduideliking – eenvoudig gestel – beteken dat, terwyl Minister Nene wetlik (ten minste op die oomblik) geen wette in die 11 vreemde vergaderings met die Gupta-familie oortree het nie – dit steeds oneties was – gegewe wat reeds in die openbare domein bekend was – om die familie te ontmoet. Daarbenewens was dit oneties om toe te ontken dat sodanige vergaderings plaasgevind het toe hy aanvanklik daaroor gevra is. Hy het voorts ook versuim om iets te sê toe die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, hom oor die beweerde R600 miljoen-omkoopgeld ingelig het.
Dit sê baie dat in die apologie wat Minister Nene sedert aan Suid-Afrikaners gebied het, hy verklaar dat “ek verkeerd was om die Guptas by hulle woning te ontmoet, en nie in my kantoor of ten minste ‘n openbare plek nie.” Deur om verskoning te vra oor die plek van die ontmoetings (en deur die versuim om die nasie in sy vertroue te neem oor wat tydens hierdie vergaderings bespreek is), eerder dat die vergaderings in die eerste plek plaasgevind het, dui op die gaping tussen die reg en etiek. Hy mag wettiglik die minimum gedoen het om voor die Kommissie te verskyn, meer as wat van hom verwag is, eties gesproke. Sy optrede in hierdie verband trek in twyfel sy vermoë om in die beste belange van die publiek op te tree, en sy voortgesette ampstermyn sal tot ‘n verlies aan vertroue in hierdie belangrike ministerie lei.
Op ‘n tydstip wanneer die tekort aan vertroue tussen die demokratiese staat en sy burgers op ‘n rekord laagtepunt is, is dit belangrik dat staatsamptenare hulselft uitstekend gedra en nie in twyfel getrek kan word nie. Die geskiktheid van lede van die kabinet, soos Minister van Binnelandse Sake, Gigaba, en Minister vir Vroue in die Presidensie, Dlamini, kan dus nie nog bevraagteken word waar howe negatiewe bevindings teen hulle gemaak het nie. Suid-Afrikaners as ‘n geheel het ‘n plig om ‘n kultuur van etiek te ontwikkel, te koester en te onderrig, verskans deur morele waardes. Dit is hoog tyd dat die afbrekende kultuur van persoonlike politiek, kenmerkend van die vorige regime, terugstaan om plek te maak vir die herstel van institusionele integriteit. As riglyn vir die President se besluite met betrekking tot die aanstellings van die Kabinet, moet ‘n strenger standaard – dié van etiek – benewens die wet toegepas word.
Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
9 Oktober 2018
Foto: GovernmentZA on Foter.com / CC BY-ND