+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

FW DE KLERK STIGTING DOEN DRINGENDE BEROEP VIR DEURSIGTIGHEID OOR DIE VERKIESINGSHERVORMINGSPROSES

Die FW de Klerk Stigting het die Parlement versoek om dringend duidelikheid te verskaf oor hoe dit van voorneme is om die verslag van die Verkiesingshervorming-raadplegingspaneel te hanteer. Die Stigting waarsku dat voortgesette onsekerheid betekenisvolle verkiesingshervorming voor die 2029-verkiesings kan ondermyn. Die Stigting voer aan dat deursigtigheid, aanspreeklikheid en openbare deelname noodsaaklik is om te verseker dat hervormings wat daarop gemik is om kiesersaanspreeklikheid en Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie te versterk, binne ‘n realistiese tydsraamwerk oorweeg en geïmplementeer word.

Read More »

ONAFHANKLIKE KANDIDATE EN SUID-AFRIKA SE 2024 ALGEMENE VERKIESING

Suid-Afrika se 2024 Algemene Verkiesing word gemerk as een van die belangrikste en mees omstrede verkiesings sedert die 1994-verkiesing wat Suid-Afrika se nuwe demokrasie en vryheid ingelui het. Nié net was die verkiesing hewig betwis nié, maar dit was die eerste wat onafhanklike kandidate toegelaat het om te staan.

Read More »