+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

KONSULTASIEPANEEL VIR VERKIESINGSHERVORMING MAAK VOORLOPIGE AANBEVELINGS BEKEND, DIE FW DE KLERK STIGTING VRA VIR MEER ENKELLID KIESAFDELINGS (ELKs)

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 10/04/2025

 

Die Verkiesingshervormingskonsultasiepaneel het vandag sy drie voorlopige aanbevelings voorgelê oor hoe Suid-Afrika se huidige 100% Proporsionele Verteenwoordiging (“PV”) verkiesingstelsel vir nasionale en provinsiale verkiesings hervorm moet word en hoe dit die 2029 verkiesing kan beïnvloed.

Eerstens, ‘n variasie van die huidige stelsel met 200 setels versprei oor nege Multi-Lid Kiesafdelings (“MLKs”) en 200 kompensasie setels (“PV setels”) om proporsionele verteenwoordiging te verseker, wat saam die Nasionale Vergadering se 400 setels uitmaak. “Hierdie opsie word egter nie deur die Stigting voorgestaan nie, omdat dit mikro politieke partye sal ontmoedig, steeds ‘n groot afstand tussen verkose verteenwoordigers en kiesers skep en dit baie moeilik maak vir individuele kandidate om mee te ding,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program.

Tweedens, 200 setels versprei oor 41 MLKs in verhouding tot die aantal geregistreerde kiesers in elke kiesafdeling (moontlik met gebruik van bestaande munisipale en distrikgrense) en 200 PV setels. “Terwyl die kleiner grootte van die MLKs ‘n meer direkte skakel tussen kiesers en hul verkose verteenwoordigers sou skep, sou dit meer as een politieke party toelaat om ‘n kiesafdeling te verteenwoordig en kan dit steeds verantwoordbaarheid verwater en dit moeilik maak om die prestasie van individuele verteenwoordigers te evalueer,” verduidelik Shanees Nkandu, ‘n intern by die Stigting.

Derdens en laastens, het die Paneel 200 Enkel Lid Kiesafdelings (“ELKs”) setels en 200 PV setels aanbeveel. “Die Stigting het nog altyd ELKs ondersteun, omdat hierdie opsie kiesers die naaste aan hul verkose verteenwoordiger bring aangesien daar slegs een verkose verteenwoordiger per kiesafdeling is,” sê Ellerbeck. “Dit maak dit makliker vir die kieser om hul verteenwoordiger se prestasie te evalueer en maak die verkose verteenwoordiger meer verantwoordpligtig en responsief teenoor kiesers. Die Stigting het egter van die begin af gevra vir 250 ELKs met 150 PR setels. Ons glo die 250 teenoor 200 ELK setels sal die toename in verantwoordingspligtigheid, ʼn responsiewe ingesteldheid en openheid bring wat deur die Grondwet vereis word,” verduidelik Ellerbeck.

Terwyl die Stigting erken dat die ELK-opsie aansienlike moeite sal verg, aangesien dit vereis dat Suid-Afrika in 250 ELKs verdeel word. Alhoewel hierdie opsie groot partye kan bevoordeel wat die ELK-setels wen en moontlik die aantal vroue wat as ELK-verteenwoordigers verkies word, kan verminder, glo die Stigting dat hierdie kwessies deur die 150 PV-setels opgelos kan word. Die top prioriteit bly om die verantwoordingspligtigheidsprobleem so doeltreffend as moontlik op te los,” sê Nkandu.

Die Paneel moet sy verslag aan die Minister van Binnelandse Sake oorhandig teen 29 Augustus 2025 (na die verkryging van ‘n verlenging). Die Minister moet dan die verslag teen 29 September 2025 in die Parlement voorlê.