+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING WOON KONFERENSIE DEUR VERKIESINGSHERVORMINGSKONSULTASIEPANEEL BY

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 10/04/2025

 

Die FW de Klerk Stigting woon die Verkiesingshervormingskonsultasiepaneel se konferensie by oor waarom, hoe en of Suid-Afrika se huidige 100% Proporsionele Verteenwoordiging (“PR”) verkiesingstelsel hervorm, verander of selfs vervang moet word. Die Stigting het herhaaldelik aan die Paneel uitgewys dat verkiesingshervorming beide geregverdig en nodig is, omdat die huidige PR-stelsel nie aan al die Grondwet se vereistes voldoen nie – spesifiek die vereistes van verantwoordingspligtigheid, ʼn responsiewe ingesteldheid en openheid.

Die Stigting het van die begin af aan die Paneel se openbare verhore oor hierdie belangrike onderwerp deelgeneem, beide skriftelike en mondelinge voorleggings aan die Paneel gemaak, asook vergaderings met die Paneel gehou,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Die Stigting ondersteun ‘n gemengde-lid proporsionele stelsel met 250 enkel-lid kiesafdelings en 150 PR-setels. Hierdie stelsel verseker beide direkte skakels tussen kiesers en die kandidate wat vir daardie kiesafdeling se setel meeding en algehele proporsionaliteit. Dit stel onafhanklike kandidate in staat om regverdig met politieke partye mee te ding en stel kiesers in staat om onderpresterende amptenare terug te roep, wat aanspreeklikheid en vertroue in die demokratiese stelsel verhoog, wat kiesersopkoms behoort te verhoog,” verduidelik Ellerbeck.

Die Konferensie volg op die Paneel se openbare betrokkenhede wat oor ‘n vyf-maande tydperk plaasgevind het,” sê Shanees Nkandu, ‘n intern by die Stigting. “Die Paneel het uitgelig dat die publiek aan hulle gesê het dat hulle as kiesers magteloos voel om verkose verteenwoordigers aanspreeklik te hou. Verkose verteenwoordigers word ervaar as meer aanspreeklik teenoor hul onderskeie politieke partye as teenoor die kiesers. Die publiek het keer op keer aan die Paneel gesê dat die huidige stelsel partygesentreerd is en die kiesers ontmagtig,” sluit Nkandu af.