
Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE FW DE KLERK STIGTING GLO VERKIESINGSHERVORMING IS GEREGVERDIG EN NODIG
Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 31/10/2024
Die FW de Klerk Stigting het vandag ‘n skriftelike voorlegging aan die Verkiesingshervormingskonsultasiepaneel gemaak. Die voorlegging was in reaksie op die Paneel se uitnodiging vir kommentaar oor hoekom, hoe en óf Suid-Afrika se huidige kiesstelsel hervorm, verander of selfs vervang moet word.
“Die Stigting het die Paneel daarop gewys dat die huidige kiesstelsel nie aan al die Grondwet se vereistes voldoen nie. Spesifiek, dit slaag nie daarin om verantwoordingspligtigheid, ʼn responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker nie,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Dit voldoen ook nie aan vier van die Paneel se ses riglyne vir ‘n kiesstelsel nie. Om hierdie rede is dit beide geregverdig en nodig om te verander hóé Suid-Afrika diegene in ons nasionale en provinsiale parlemente verkies,” het Ellerbeck verduidelik.
Behalwe om aan die Grondwet se vereistes te voldoen, het die Stigting aangevoer dat die nuwe kiesstelsel ook moet help om te verhoed dat staatskaping ooit weer plaasvind en dat verkose amptenare meer aanspreeklik en responsief is tot die publiek. Dit moet ook openbare vertroue opbou en kiesersopkoms verhoog. Laastens moet dit ook ’n gelyke speelveld tussen onafhanklike kandidate en politieke partye skep.
“Om hierdie redes ondersteun die Stigting ‘n proporsionele stelsel van gemengde lede met 250 setels (uit Parlement se 400) wat uit enkellid-kiesafdelings kom. Dit sal kiesers in staat stel om ‘n direkte skakel te hê met hul kiesafdeling se kandidate wat vir ‘n setel in die Parlement hardloop. Terselfdertyd sal kiesers onderpresterende verkose amptenare kan herroep. Dit sal aanspreeklikheid en responsiwiteit verhoog, wat daartoe lei dat die publiek se vertroue in die demokratiese stelsel herstel word, wat op sy beurt kiesersopkoms sal verhoog,” sê Ellerbeck.
Die Stigting glo so ‘n kiesstelsel sal ook lei tot algehele proporsionele verteenwoordiging terwyl dit, dit vir onafhanklike kandidate moontlik sal maak om op ‘n gelyke speelveld met politieke partye mee te ding.