+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING DOEN DRINGENDE BEROEP VIR DEURSIGTIGHEID OOR DIE VERKIESINGSHERVORMINGSPROSES

Uitgereik deur Daneila Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 20/08/2026

Die FW de Klerk Stigting het ‘n beroep op die Parlement gedoen om dringend duidelikheid te verskaf oor sy oorweging van die Verslag van die Verkiesingshervormingsraadplegingspaneel (“ERCP”), en gewaarsku dat voortgesette onsekerheid betekenisvolle verkiesingshervorming voor die 2029 nasionale en provinsiale verkiesings in gedrang kan bring.

Die ERCP is ingevolge wetgewing ingestel en het die opdrag ontvang om Suid-Afrika se verkiesingstelsel te hersien en hervormings aan te beveel.

“Onder die sterkste boodskappe wat die publiek aan die ERCP oorgedra het, was die behoefte aan ‘n stelsel wat politici teenoor kiesers aanspreeklik maak, eerder as teenoor ‘n politieke party,” sê Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Suid-Afrika se verkiesingstelsel is hiervoor verantwoordelik: Dit bepaal hoe ons stemme gebruik word om te besluit hoeveel setels in die Parlement aan watter politieke party toegeken word, en hoe daardie politieke partye besluit watter lid daardie setel ontvang.“

Hoewel die Parlement die ERCP-verslag reeds langer as ses maande voor hom het, bly belangrike aspekte van die proses onduidelik, insluitend tydlyne, institusionele reëlings, geleenthede vir openbare deelname en belangrike besluitnemingsmylpale.

“Ons erken ten volle die kompleksiteit en belangrikheid van verkiesingshervorming,” sê Ellerbeck. “Deursigtigheid, aanspreeklikheid en responsiwiteit vereis egter dat die Parlement duidelik kommunikeer hoe hy van voorneme is om die ERCP-verslag te verwerk. Die publiek het die reg om te weet hoe hierdie tydsensitiewe aangeleentheid, wat die kern van ons grondwetlike demokrasie raak, hanteer sal word.“

Die Parlement het ook aangedui dat die betrokke Komitees op 28 Augustus 2026 vergader, waartydens die aangeleentheid mag oorweeg word.

“Verkiesingshervorming is nie iets wat oornag geïmplementeer kan word nie,” sê Ellerbeck. “Regtens moet die Parlement die verslag oorweeg,” het sy bygevoeg. “Die kernvraag is of dit binne ‘n tydsraamwerk gedoen sal word wat uitvoering gee aan die doel van die wetgewing en betekenisvolle hervormings moontlik maak voor die volgende nasionale verkiesing.“

Die Stigting het versoek dat ‘n substantiewe opdatering oor die stand van die proses verskaf word, insluitend enige padkaart, verwagte tydlyne en planne vir openbare deelname, en bly verbind tot konstruktiewe betrokkenheid oor hierdie belangrike demokratiese aangeleentheid.

EINDE

OPVOLG: OVK STEL VERKIESINGSREGULASIES REG NADAT KOMMER GEOPPER IS

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die OVK se regstelling van Regulasie 28F ná kommer oor ’n wysiging aan verkiesingsregulasies waaroor daar nie openbare raadpleging plaasgevind het nie. Die regstelling herstel die weergawe wat vir openbare kommentaar gepubliseer is en bevestig die belangrikheid van deursigtigheid, openbare deelname en verantwoordbare verkiesingsbestuur.

Read More »

FW DE KLERK STIGTING BEKLEMTOON DIE VERBAND TUSSEN JOU STEM EN JOU BEURSIE

Die manier waarop openbare geld bestuur word, het ’n direkte uitwerking op huishoudings se finansies, veral wanneer gebrekkige dienste inwoners dwing om weer vir alternatiewe te betaal. Die FW de Klerk Stigting se “Your Vote. Your Wallet.”-infografika beklemtoon die verband tussen ingeligte stemkeuses, verantwoordbare regering en die alledaagse koste van dienslewering. Suid-Afrikaners word aangemoedig om verder as verkiesingsbeloftes te kyk, munisipale prestasie krities te beoordeel en ná die uitbring van hul stemme betrokke te bly.

Read More »

FW DE KLERK STIGTING DOEN ’N BEROEP OP DEURSIGTIGE MUNISIPALE HERSTELPLANNE TE MIDDE VAN R400 MILJARD AGTERSTAND IN WATERINFRASTRUKTUUR

Suid-Afrika staar ’n geraamde agterstand van R400 miljard in die gesig om verouderde waterinfrastruktuur by 107 waterdiensowerhede te herstel en op te gradeer. Die FW de Klerk Stigting doen ’n beroep op deursigtige, munisipaliteitspesifieke herstelplanne met duidelike sperdatums, meetbare mylpale en verantwoordbare owerhede. Betroubare toegang tot water is ’n grondwetlike reg, en infrastruktuurbesteding moet tot meetbare verbeterings in dienslewering lei.

Read More »