ARTIKEL: REGTERS V REGTERS – ‘N BEHOEFTE AAN FINALITEIT
Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat ‘n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om ‘n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.
Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van ‘n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na ‘n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te beïnvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die vergadering wat onlangs tussen die Hoofregter as hoof van die regbank, en die President as hoof van die Staat plaasgevind het. Die vergadering, wat deur die Hoofregter, Hoofde van die Howe en senior regters in alle afdelings aangevra is, het ten doel gehad om die ongevraagde aanvalle deur sommige politici op die Regbank, asook die regering se klaarblyklike minagting van hofbevele aan te spreek.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom Hoofregter Mogoeng Mogoeng se ingryping in verband met die onlangse vlaag ongevraagde aanvalle op die integriteit en die onafhanklikheid van die Regbank deur senior lede van die Kabinet en die regerende party.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende aanvalle op die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die howe deur senior lede van die ANC en sy alliansie-vennote.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte is diep bekommerd oor sommige van die uitlatings wat deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng gemaak is tydens die Advocates for Transformation se jaarlikse algemene vergadering op 6 Julie.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom en steun die Helen Suzman-stigting se beweerde regsoptrede teen die Regterlike Dienskommissie (RDK), wat ten doel het duidelikheid te verkry oor die prosedure en besluitnemingsproses ten opsigte van die nominasie van persone in regterlike ampte. Dis hoogtyd dat die uitleg van artikels 174(1), 174(2) en 174(6) van die Grondwet in ’n hof getoets word.