DIE FW DE KLERK STIGTING VERSOEK MINISTER MOET NGV-REGULASIES TERUGTREK EN KORREKTE PROSES VOLG
Die FW de Klerk-stigting het formele kommentaar ingedien oor die Departement van Gesondheid se voorgestelde bestuursregulasies vir die Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds en versoek dat die regulasies teruggetrek word, aangesien die minister onwettig opgetree het deur dit voor te stel voordat hy met die NGV-fonds geraadpleeg het.