WETGEWING OOR DIE GASBEDRYF: ONTLEDING VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OOR GAS SE BEPALINGS EN TEKORTKOMINGE
Die Wysigingswetsontwerp oor gas is ‘n hernude poging om die regulatoriese raamwerk te wysig wat die gassektor in Suid-Afrika reguleer. Daar bestaan besorgdheid dat die huidige Wetsontwerp nie ooreenstem met óf grondwetlike waardes en regte óf belyn is met nasionale ontwikkelingsdoelwitte nie, veral met verwysing na die beskerming van die omgewing.