DOKTERS SONDER WERK: WERKLOOSHEID EN DIE KONTROVERSIëLE NHI-WETSONTWERP
Midde al die uitdagings wat die publieke gesondheidssektor ervaar, staar Suid-Afrika ‘n verwarrende teenstrydigheid in die gesig – ‘n Groep van meer as 800 werklose dokters, teenoor ‘n styging in mediese nalatigheidseise in staatshospitale. Hierdie situasie beklemtoon die grondwetlike implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekering Wetsontwerp (“NHI”), wat, allesbehalwe ‘n towerstaf, net blyk om die uitdagings wat tans ervaar word, te vererger.