Bly ingelig
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.
Maak ‘n verskil!
Die FW de Klerk Stigting is jaarliks die gasheer van interne van Suid-Afrika en uit die buiteland. Die Stigting het ’n lang verhouding met die Women World Leaders se Graduate Leaders Programme, ’n netwerk van huidige en voormalige vroulike eerste ministers en presidente. Deur hierdie program word gegradueerde studente by hoëvlak-beleidsorganisasies en -ministeries geplaas – met inbegrip van die FW de Klerk Stigting – ten einde unieke blootstelling te kry van merkwaardige leierskaps- en geslagsverwante beleide. Die Stigting was ook gasheer van studente van die Harvard Kennedy-skool, sowel as individue wat die Stigting nader in hul persoonlike hoedanigheid.
Gedurende hul internskap by die FW de Klerk Stigting word interne die geleentheid gegee om navorsing te doen en ’n dokument te skryf oor ’n onderwerp wat hulle interesseer. Daar word ook van interne verwag om artikels te skryf wat geskik is vir publikasie en gebaseer is op aangeleenthede wat betrekking het op die werk van die Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte.
Ander geskeduleerde aktiwiteite sluit in besoeke aan die Parlement, een deelname aan die Stigting se aktiwiteite, soos gemeenskapsdiens op Mandeladag, en bystand met en die bywoning van konferensies en geleenthede wat deur die Stigting aangebied word.
Vir meer inligting, of om navraag te doen oor internskappe, skakel +27 21 930 3622, of stuur ’n e-pos aan info@fwdeklerk.org.
Besig om ‘n verskil te maak!
Almero Prinsloo
2021 Intern
Almero matrikuleer in 2015 aan die Wynberg Boys High School en studeer daarna internasionale betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch. Op Stellenbosch sluit hy aan by die Verenigde Nasies-vereniging van Suid-Afrika (UNASA) en dien hy as uitvoerende lid daarvan in 2017. In 2016 verwerf hy die titel as beste spreker by die nasionale UNASA Model United Nations in Pretoria en lei in 2017 ‘n span om deel te neem in die wêreldwye Model VN-kompetisie in by die hoofkwartier van die Verenigde Nasies New York. In 2019 het hy ‘n bydrae gelewer tot die Young Diplomats Forum in Brussel om wêreldwye kwessies te bespreek en Suid-Afrika se ervarings van apartheid na ‘n grondwetlike demokratiese staat te deel. Almero glo in medelydende leierskap as ‘n agent vir verandering en om die lewe holisties te leef.
Khumotso Ramaite
2021 Intern
Khumotso studeer aan die Universiteit van Venda met ‘n graad in internasionale betrekkinge en ‘n honneursgraad in politieke studies. Hy het onlangs sy meestersgraad in politieke studies aan dieselfde instelling voltooi. Khumotso het by die Stigting aangesluit om ‘n bydrae te lewer tot die bevordering van beter betrekkinge binne die samelewing deur samehangende, konstruktiewe en deursigtige besprekings en debatte oor regeringsbeleid, asook ander politieke en grondwetlike kwessies in die hedendaagse Suid-Afrika. In sy ontspanne oomblikke lees hy en geniet hy krieket en rugby.
Thamsanqa Lucky Tshunungwa
2021 Intern
Lucky is ‘n spesialis in navorsing, media en kommunikasie met meer as 5 jaar ondervinding. Voordat hy by die FW de Klerk Stigting aangesluit het, het hy vir die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaapse provinsiale parlement gewerk as senior navorser en mediabeampte. Lucky het ook ervaring in verskillende portefeuljes van vervoer en openbare werke, menslike nedersettings en finansies, ekonomiese en toerisme. Lucky se navorsingsbelangstellings sluit sosio-ekonomiese kwessies in die SADC-streek, inheemse genesing in Suid-Afrika sowel as LGBTIQ+ -aktivisme in.
Latest news and Updates
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.