Support the work of the FW de Klerk Foundation
For more information regarding donations contact info@fwdeklerk.org or scan the QR code below
FW DE KLERK STIGTING STEL 2024 VERSLAGKAART OOR KULTURELE-, GODSDIENS- EN TAALREGTE BEKEND
Die FW de Klerk Stigting, ter viering van Erfenisdag, stel sy 2024 Verslagkaart oor Kulturele, Godsdienstige- en Taalregte aan die publiek bekend. Die verslagkaart fokus uitsluitlik op die stand van die kulturele-, godsdiens- en taalregte wat in die Grondwet verskans is.
“Die verslagkaart bepaal hoe ons as ‘n nasie diversiteit beskerm en bevorder deur beide die positiewe en negatiewe ontwikkelings in die verwesenliking van die Grondwet se verskillende kulturele-, godsdiens- en taalregte, te bepaal.” sê Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en die FW de Klerk Stigting se bestuurder van Grondwetlike Regte Programme.
“Die Stigting hoop dat die verslagkaart debat sal stimuleer oor die rol wat ons diverse godsdienspraktyke, kulture en tale speel – en behoort te speel – in die bevordering van ons ryk en diverse nasionale erfenis,” sê Christo van der Rheede, die Stigting se Uitvoerende Direkteur.
EINDE.