‘n Studie oor Afrikaans op Universiteitsvlak
Die FW de Klerk Stigting het ‘n spesiale belang daarby om die grondwetlike regte – insluitende taalregte – van alle Suid-Afrikaners te beskerm. Op versoek van verskeie organisasies en vooraanstaande meningsvormers speel die FW de Klerk Stigting ‘n rol in die debat oor die toekoms van Afrikaans op universiteitsvlak. Hierdie rol, het mnr. De Klerk in Januarie 2010 – by die Vredenheim-beraad oor die Toekoms van Afrikaans op Universiteitsvlak – gesê, is die “van ‘n fasiliteerder ten einde opbouende en konstruktiewe gesprek oor sake van belang – sake wat hul wortels in die Grondwet het – te bevorder.”