+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

STIGTING VERSLAGKAART BEKLEMTOON IMPLEMENTERINGSGAPING IN KULTURELE, GODSDIENSTIGE EN TAALREGTE

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 16/09/2026

Die FW de Klerk Stigting het vandag sy KGT-Regteverslagkaart vir 2026 vrygestel, wat beduidende ontwikkelings identifiseer wat kulturele, godsdienstige en taalregte raak, terwyl dit volgehoue implementeringsuitdagings regoor Suid-Afrika se grondwetlike landskap uitlig.

Die Verslagkaart het bevind dat vier van die elf regte wat beoordeel is gedurende die verslagtydperk verbeter het, vier stabiel gebly het en drie verswak het, wat op betekenisvolle, maar ongelyke vooruitgang in die praktiese genieting van grondwetlike regte dui.

Van die belangrikste ontwikkelings was die grondwetlike erkenning van Suid-Afrikaanse Gebaretaal as die land se twaalfde amptelike taal, die voortgesette uitbreiding van Moedertaalgebaseerde Tweetalige Onderwys, die aanvaarding van die ||nkwa-verklaring tydens die Nasionale Taalberaad, voorstelle om meertaligheid te versterk deur wysigings aan die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, en die omstredenheid rondom die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe se Artikel 22-komitee.

Die bevindings toon dat Suid-Afrika se grondwetlike beskerming van kulturele, godsdienstige en taalregte sterk bly. Vooruitgang in wetgewing en beleid gaan egter steeds vinniger as vooruitgang met implementering,” het Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program, gesê.

Bemoedigende vooruitgang is op verskeie terreine gemaak. Die gaping tussen grondwetlike verbintenisse en die geleefde werklikhede van baie Suid-Afrikaners bly egter ‘n beduidende bron van kommer. Vooruitgang in beleid en wetgewing word te dikwels nie deur doeltreffende implementering geëwenaar nie,” het Christo van der Rheede, die Stigting se uitvoerende direkteur, gesê.

Die verslag het ‘n reeks herhalende struikelblokke geïdentifiseer wat steeds die genieting van hierdie regte beperk, insluitend onvoldoende befondsing, beperkte institusionele kapasiteit, tekorte aan gekwalifiseerde personeel en swak aanspreeklikheid.

Om hierdie uitdagings aan te spreek, beveel die Stigting toegewyde befondsing vir taaldienste, sterker nakomingsbevoegdhede vir die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, dringende maatreëls om tekorte aan hofinterpreteerders aan te spreek, en die verantwoordelike gebruik van opkomende tegnologieë aan om meertalige toegang tot openbare dienste te verbeter, veral op munisipale vlak.

Die Stigting het beklemtoon dat die versterking van implementering, aanspreeklikheid en institusionele kapasiteit noodsaaklik sal wees om te verseker dat grondwetlike beskerming in betekenisvolle uitkomste vir alle Suid-Afrikaners omskep word.

Die prioriteit is nou om te verseker dat hierdie beskerming nie slegs op papier bestaan nie, maar tasbare voordele vir elke gemeenskap word,” het Ellerbeck afgesluit.

Die volledige 2026 Verslagkaart is hier.

EINDE

WIE HOU TOESIG OOR DIE WAGHOND? BEKAMP MISBRUIK, NIE GODSDIENSVRYHEID NIE

.In hierdie artikel voer die FW de Klerk Stigting aan dat Suid-Afrika misbruik in godsdiensgemeenskappe moet aanpak sonder om wettige geloofsbeoefening onder staatstoesig te plaas. Bestaande strafregtelike, belasting- en niewinsgewende organisasie-wetgewing moet behoorlik toegepas word, terwyl geloofsgemeenskappe vrywillige beskermingsmaatreëls en aanspreeklikheid versterk. Die beskerming van gemeentelede moet nooit die uitoefening van godsdiensvryheid afhanklik maak van amptelike goedkeuring nie.

Read More »

WANNEER OPENBARE GELD WANBESTEE WORD, BETAAL GESINNE TWEE KEER

In hierdie tweede aflewering van die FW de Klerk Stigting se Money Smart Week Suid-Afrika 2026-reeks verskuif die fokus van persoonlike inkomste na die openbare geld wat bepaal hoe ver dit kan strek. Wanneer dienste misluk, betaal gesinne twee keer: eers deur belasting, tariewe en heffings, en dan weer om noodsaaklike dienste uit hul eie sak te vervang. Die artikel verduidelik waarom dit noodsaaklike dade van grondwetlike burgerskap is om die rand se spoor te volg, verantwoordbaarheid te eis en aan openbare prosesse deel te neem.

Read More »